Drie sterf, 20 beseer toe talle voertuie bots

Die ongelukstoneel in Fourways, noord van Johannesburg. Foto: Verskaf

Drie mense is Dinsdagoggend dood en sowat 20 beseer in ʼn botsing op Cedarweg by Fourways, Johannesburg, waarin talle voertuie betrokke was.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê ER24-paramedici tesame met beamptes van Life Healthcare en ander nooddienste het by hul aankoms talle voertuie op die ongelukstoneel versprei aangetref.
ʼn Ligteafleweringsvoertuig het op sy sy in die regterbaan gelê terwyl talle ander voertuie langs of in die pad was.
Paramedici het die beseerdes begin ondersoek en vasgestel dat drie mans reeds aan ernstige beserings beswyk het, het Meiring gesê.
Altesaam 20 mense is op die toneel behandel vir beserings wat gewissel het van gering tot ernstig en daarna na nabygeleë hospitale geneem.
Die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie. Die owerheid stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

C ·

@Ekke. Jy raai seker iemand was besig om ‘n dagga zol te rook en perongeluk bietjie high geraak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.