Drie sterf, 3 kritiek ná gru-botsing op N2

Die ongelukstoneel. Foto: IPSS Medical Rescue

Drie mense is dood en drie ander in ʼn kritieke toestand ná twee voertuie Vrydagmiddag reg van voor op die N2 naby die Zinkwazibrug op die KwaZulu-Natalse noordkus gebots het.

Volgens Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue wie se paramedici op die toneel was, is twee van die oorledenes lede van ʼn Britse gesin wat op pad na Durban was ná ʼn safarivakansie.

Herbst sê ʼn ligte afleweringsvoertuig was in ʼn noordelike rigting op pad toe een van die bande gebars het. Die voertuig het in die vinnige baan tot stilstand gekom. ʼn Mercedes-Benz wat van agter die afleweringsvoertuig gekom het, het vermoedelik uitgeswaai om die voertuig te vermy en voor die aankomende verkeer beland. ʼn Toyota Fortuner wat in ʼn suidelike rigting op pad was, het reg van voor teen die Mercedes gebots.

Die ongelukstoneel. Foto: IPSS Medical Rescue

“Die bestuurder van die Mercedes het kort ná paramedici se aankoms op die toneel aan sy beserings beswyk. ʼn 12-jarige meisie wat saam met haar gesin in die sportnutsvoertuig was, is ook op die toneel dood verklaar,” het Herbst gesê.

“Haar pa, ma en ouer broer was almal in ʼn kritieke toestand en is per helikopter na die Lenmed Ethekweni-hospitaal geneem. Die ma het kort ná haar aankoms by die hospitaal gesterf.”

Herbst het gesê die bestuurder van die sportnutsvoertuig was in die wrak vasgevang en brandweerbeamptes moes meganiese toerusting gebruik om hom te bevry. Hy is per ambulans na ʼn hospitaal gehaas.

Die pad is vir ʼn geruime tyd gesluit en verkeer moes herlei word terwyl die ongelukstoneel opgeruim is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
RN

Ek sien ‘n dubbele sperstreep waar die ongeluk plaasgevind het. Sulke ongelukke sal nie gebeur as mense by padreëls hou nie. So onnodig. Sterkte aan die families.

c

@RN lees paragraaf 3 die, ongeluk het nie gebeur as gevolg van iemand wat op ‘n sperstreep verby gaan nie, maar wel deur middel van ‘n motor wat se band gebars het, en die ander voertuig probeer het om die motor te vermy wat in die vinnige baan gestaan het. So dit het niks met padreëls te doen nie.

Piet Pompies

RN lyk my jy kan nie lees nie, die berig se daar het ‘n band gebars toe swaai die MB uit voor aankommende verkeer……………..

Retha

RN lees asseblief die berig weer!!!!!

IK

Volgens die foto lyk dit eerder of die Fortuner die MB ‘gaan haal het’. Nietemin skyn dit of onoordeelkundige spoed en gepaardgaande verontagsaming van korrekte volgafstand die oorsaak is. Ek hou maar by 100km/h dan vermy ek kop-teen-kop botsings van aankomende windgatte wat verbysteek. Dit het al verskeie kere gebeur in my 58 jaar se ongeluksvrye bestuur. Gaan geniet eerder die M3 BMW op Zwartkops soos wat ek op 75 jarige ouderdom gedoen het. ‘n Wettige 180km/h op die baan laat my ook terug verlang na my tydrendae. Onthou dat daar ‘n plek is vir jou mannewales (spelling korrek). Onthou… Lees meer »