Drie sterf, 3 kritiek ná gru-botsing op N2

Die ongelukstoneel. Foto: IPSS Medical Rescue

Drie mense is dood en drie ander in ʼn kritieke toestand ná twee voertuie Vrydagmiddag reg van voor op die N2 naby die Zinkwazibrug op die KwaZulu-Natalse noordkus gebots het.

Volgens Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue wie se paramedici op die toneel was, is twee van die oorledenes lede van ʼn Britse gesin wat op pad na Durban was ná ʼn safarivakansie.

Herbst sê ʼn ligte afleweringsvoertuig was in ʼn noordelike rigting op pad toe een van die bande gebars het. Die voertuig het in die vinnige baan tot stilstand gekom. ʼn Mercedes-Benz wat van agter die afleweringsvoertuig gekom het, het vermoedelik uitgeswaai om die voertuig te vermy en voor die aankomende verkeer beland. ʼn Toyota Fortuner wat in ʼn suidelike rigting op pad was, het reg van voor teen die Mercedes gebots.

Die ongelukstoneel. Foto: IPSS Medical Rescue

“Die bestuurder van die Mercedes het kort ná paramedici se aankoms op die toneel aan sy beserings beswyk. ʼn 12-jarige meisie wat saam met haar gesin in die sportnutsvoertuig was, is ook op die toneel dood verklaar,” het Herbst gesê.

“Haar pa, ma en ouer broer was almal in ʼn kritieke toestand en is per helikopter na die Lenmed Ethekweni-hospitaal geneem. Die ma het kort ná haar aankoms by die hospitaal gesterf.”

Herbst het gesê die bestuurder van die sportnutsvoertuig was in die wrak vasgevang en brandweerbeamptes moes meganiese toerusting gebruik om hom te bevry. Hy is per ambulans na ʼn hospitaal gehaas.

Die pad is vir ʼn geruime tyd gesluit en verkeer moes herlei word terwyl die ongelukstoneel opgeruim is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

RN ·

Ek sien ‘n dubbele sperstreep waar die ongeluk plaasgevind het. Sulke ongelukke sal nie gebeur as mense by padreëls hou nie. So onnodig. Sterkte aan die families.

Eben ·

Kyk jy net prentjies of doen jy so nou en dan bietjie moeite om die woorde ook te lees. Ek neem aan jy kan lees, want jy kon kommentaar lewer.

Vraagteken ·

Oordeel jy lekker voordat die omdersoek afgehandel is?

c ·

@RN lees paragraaf 3 die, ongeluk het nie gebeur as gevolg van iemand wat op ‘n sperstreep verby gaan nie, maar wel deur middel van ‘n motor wat se band gebars het, en die ander voertuig probeer het om die motor te vermy wat in die vinnige baan gestaan het. So dit het niks met padreëls te doen nie.

Piet Pompies ·

RN lyk my jy kan nie lees nie, die berig se daar het ‘n band gebars toe swaai die MB uit voor aankommende verkeer……………..

IK ·

Volgens die foto lyk dit eerder of die Fortuner die MB ‘gaan haal het’. Nietemin skyn dit of onoordeelkundige spoed en gepaardgaande verontagsaming van korrekte volgafstand die oorsaak is. Ek hou maar by 100km/h dan vermy ek kop-teen-kop botsings van aankomende windgatte wat verbysteek. Dit het al verskeie kere gebeur in my 58 jaar se ongeluksvrye bestuur. Gaan geniet eerder die M3 BMW op Zwartkops soos wat ek op 75 jarige ouderdom gedoen het. ‘n Wettige 180km/h op die baan laat my ook terug verlang na my tydrendae. Onthou dat daar ‘n plek is vir jou mannewales (spelling korrek). Onthou ook dat ‘In die kar nog ‘n sopie, in die kerkhof nog ‘n hopie’. Sterkte aan die families by ongelukke maar dat ons ander sal leer hieruit. Onthou dat ‘You won’t be the first one but you could be the next one . . .’ nogal waar kan word.

KG ·

HK ek stem volkome saam met jou, maar in die artikel lei ek af dat ‘n afleweringsvoertuig se band gebars het en dis die hoof rede vir die ongeluk. Die MB het die voertuig probeer vermy en toe in aankomende verkeer beland.

Dis ‘n baie hartseer sameloop van omstandighede wat ek glo met enige iemand kan gebeur.

HP ·

Wel gesê. Ek stem 100% saam met jou dit is die mees waarskynlikste wat gebeur het. Ek ry self bietjie vinnig, ook ongeluksvry. Wanneer ek normaal en wel binne spoedgrense soos jy noem 100 km/hr reis, is ek een groot gevaar op die pad. Ek kan eenvoudig nie my aandag op die pad hou nie. Ek sal binne 2 uur vas slaap agter die stuur van my MB. Dus maak ek klaar met die reis en kuier by die huis. Daar is soveel gebeurlikheid wat weer ‘n werklikheid kan word as almal afskaal na 100 km/hr op die “Highway”

IK ·

Tgj: Weens my verstandelike vermoë het ek die berig meer as een keer gelees en bly by my gevolgtrekking dat nie die BM maar wel die Fortuner uitgeswaai het omdat die volgafstand en té hoë spoed die oorsaak was! Dis nou volgens die eerste foto. Ander media sê dat die oorsaak onbekend is maar dat daar wel ‘n derde voertuig by betrokke was. Ek doen gewoonlik ‘n bietjie huiswerk (tussen die ore) voor ek kommentaar lewer.

Koos ·

IK jou afleidings is heeltemal in die kol. Moenie jou laat afsit deur die gepeupel wat nie eers kan besef hoe hulle mistas nie. Maak asseblief bydraes hier, jy praat gewis sin. Ek wil net byvoeg dat moderne bande nie werklik “bars” nie, dit word beskadig of raak pap en disintegreer dan uiteindelik as mens aanhou ry.

CBV ·

Shame toe is jou IK nie so hoog soos jou hoë Afrikaanse woordjies nie. . . Hulle kon net sowel 60 ook gery het.

Francois le Cochon ·

Baie tragies. Waar daar dubbel bane is sonder ‘n middelman. soos in hierdie geval, moet mens nooit in die regterkantse baan ry nie.

IK ·

Kyk ek nog ‘n keer na die foto dan kan inderdaad die berig korrek wees: Let op die geel brandweerwa op die agtergrond in die eerste foto. Die stilstaande afleweringsvoertuig het gestaan waar die linkeragterwiel is van die brandweerwa (in die regterbaan). Die MB het toe oorbeweeg na die verkeerde kant (in die rigting vanwaar die foto geneem is) en die Fortuner was op pad ‘verder weg’ in die rigting vd brug op die agtergrond. Met die slag van botsing was die MB besig om te probeer oor te beweeg na die regte kant, daarom staan die Fortuner ook skeef na sy regterkant en omgeswaai. Weereens sal ‘n ‘dashcam’ oftewel aanboord-kamera die oplossing wees vir sulke ongelukke.

Ben ·

As gevolg van die grys agtergrond van die teer is ‘n grys voertuig op 120 Km baie moeilik sigbaar. Die verskynsel staan ook bekend in militere kringe as kamoevleuring. My medelye met die slagoffers. Ons land kort nuwe wetgewing aangaande veilge kleure vir motorvoertuie. Om net te se die voertuie moet met ligte aanry is nie prakties nie aangesien sekere voertuie se battery nie gaan laai.

Ja Nee ·

So Baie slim mense wat dink hulle kommentaar dra by tot die mensdom se vooruitgang. Al wat ek sien is verlore lewens.

Carel ·

Myns insiens sou die ongeluk nie gebeur het as die Mercedes se volgafstand so was dat hy betyds kon stop of links afdraai van die pad af nie. Ongelukkig steek hy toe die aflewerings voetuig regs verby om ‘n botsing te vermy met die aflewerings voertuig en tref die Fortuner van voor. Of die Mercedes het te naba of te vinnig gery, of die bestuurder was nie wakker genoeg om vinnig te reageer nie. Party mense dink ook stadig.

Plantasiegorilla ·

Ben, ek dink jy is verkeerd oor ligte en batterye. As ek verkeerd is my verskoning. Ek het al deurnag gery met hordes verskillende voertuie en nog nooit geeindig met n pap battery nie. Dit werk nie so nie.

patrys ·

Het die betrokke voertuie se lugsakke ontplooi en die insittendes beskerm? hoor so min van “airbags” wat lewens red – werk dit regtig? Mooi bly almal.

Chris Ws ·

Patrys lugsakke EN sitplekgordels werk wel,maar net tot op ‘n sekere spoed.As twee voertuie wat teen 120 plus km/h beweeg mekaar kop teen kop tref is jou kanse skraal om dit te oorleef ongeag of lugsakke ontplooi het en jy jou sitplekgordel gebruik het.As motoriste net by die spoedperke hou sou BAIE ongelukke vermy kon word of die ernstigheids graad sou laer gewees het,maar tans waar dit se 120km/h ry 99%motoriste 140km/h of vinniger.Hoekom?Want daar word GEEN wetstoepassing gedoen nie.

Oogetuie ·

Ek was daar. Die Mercedes het ‘n u-draai gemaak, te vinnig versnel, bande laat gly (kyk gerus die bandmerke voor die brandweerwa) en in teenoorgestelde verkeer in beheer verloor.
Ek het die band vir die aflewerings voertuig kom vervang.

HP ·

@Oogetuie…… MB het traction control. Ek “daer” jou, probeer n Bens spin. En as sy stuurwiel heeltemal gedraai is, is sy krag met 40% verminder spesifiek om “manotonous” bestuurders te klameer. Ook as ESP afgeskakel is…..dit skakel slegs gedeelteluk af. Die duitsers het gedink voor hulle dit verkoop het aan die langhanse.
Dit mag breakassist wees. Op geen stadium sal jy ook MB se bande laat sleep op enige oppevlakte.
Gaan probeer gerus!
Kom leen myne en wys my asb.

Oogetuie ·

HP, jou Mercedes kan nie spin nie. Nie agv. “traction control” nie (wat hy nie het nie), maar omdat die ‘86 diesels nie genoeg HP het om te spin nie, behalwe op ys miskien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.