Drie sterf, 4 beseer tydens botsing

Foto: ER24

Drie mense is dood en vier ander beseer in ʼn botsing Donderdagmiddag tussen ʼn vragmotor, ʼn bakkie en ʼn motor by ʼn verkeerskruising in Krugersdorp, wes van Johannesburg.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het al drie voertuie langs die pad aangetref. Twee vroue het onder die bakkie gelê, terwyl ʼn derde vrou onder die vragmotor aangetref is. Die drie vroue het reeds aan hul veelvuldige beserings beswyk en is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

“Vier ander beseerdes is ook op die toneel aangetref. Een man was onder die vragmotor vasgepen, terwyl die ander in die ander voertuie gevind is,” het Meiring gesê. Nooddiensbeamptes moes meganiese toerusting gebruik om die beseerdes uit die voertuie te bevry.

Paramedici het vinnig gewerk om die beseerdes op die toneel te stabiliseer. Een van die pasiënte wat kritieke beserings opgedoen het, is per noodhelikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die ander drie is per ambulans na die hospitaal gehaas.

Meiring het gesê die oorsaak van die botsing is nie bekend nie en sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johannes ·

Krugersdorp is nie in Johannesburg nie maar WES VAN Johannesburg

Andre ·

Baie gevaarlike kruising omdat bestuurders so deur die rooi lig ry.

Annette sartori ·

Dit was by die 3rigting kruising. Daar is nie ñ robot daar nie. Maar mense ry te vinnig en verontagsaam alle padreels.

Cheryl ·

Johannes lees tog mooi…. Daar word gesê KRUGERSDORP WES VAN JOHANNESBURG…. Aai weet!!!

Adrie ·

Daar is nie n Robot nie die pad se afdraende verby die perde skou plek en vanaf Krugersdorp wes se kant tot by die stop is nogals erg as jy nie vroeg genoeg begin stop nie sal jy teen ander voertuie vas wees dit is n 3 rigting stop en mense is geneig om oor te ry net soos die ventersdorp afdraai 2km verder na magalies se kant toe daar sterf ook maandliks mense. Maar impv net n robot of n stop by ventersdorp afrit op te sit sal die mannetjies met hul bruin en groen eerder mense stop wat 65in n 60 zone ry. Mense ry soos hulle wil en dink nie aan ander om hulle nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.