Drie sterf, 7 beseer in gru-botsing op N4

Foto: Netcare 911

Drie mense is dood en sewe beseer toe twee voertuie Sondag op die N4 naby Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het omstreeks 11:40 naby Schoemanskloof gebeur.

Volgens Botha het ʼn bestuurder in die reën by ʼn afdraande beheer oor sy voertuig verloor en met ʼn motor wat van voor gekom het, gebots. By paramedici se aankoms op die toneel het wrakstukke verspreid oor die toneel gelê en die voertuigwrakke het op die ryvlak gestaan. “Die impak van die botsing was só erg dat die agtersitplek van die eerste voertuig saam met drie vroue uit die voertuig geslinger is,” het Botha gesê.

Twee van dié vroue was in ʼn kritieke toestand en die derde ernstig beseer.

Botha het gesê nog drie vroue in die eerste motor is op slag dood. Hulle was in die wrak van die voertuig vasgekeer.

Vier vroue wat in die tweede motor was, het ook almal ernstige beserings opgedoen.

“Paramedici het onverpoosd gewerk om die beseerdes op die toneel te stabiliseer voordat hulle na verskillende hospitale gehaas is,” het Botha gesê.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Annie ·

Sterkte aan die families. Maar spoed was hier betrokke – te vinnig gery en motor het in die reen ook gegly op nat pad.

Houtoog ·

Maak net die sin ‘Hulle was in die wrak van die vasgekeer’ (par. 5) reg. Dalk iets soos ‘Hulle was in die wrak vasgekeer’.

Janie Monsieur ·

Dagsê Houtoog,
Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewsyig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Sue ·

Ek ry gereeld daai pad. Mense vat kanse. Dit is n 100 sone en mense gaan verby op sperstrepe en draaie. Ek stem spoed en nalatigheid het hier n rol gespeel. Jammer vir die families.

MetEishJa ·

Ons kom nou die lang naweek van Nelspruit af, ek kan se, die mense vloek ons as ons die spoedgrens behou. Kyk, jy ry 60 in ‘n 60 sone, en dan kom hulle verby jou dat dit lyk of jy stil staan. Op die hoofweg, ry ek 120, taxis trokke en karre kom verby geskanier en kyk jou aan asof jy ‘n drup is. Mense jaag erg op daai pad, om beheer te verloor in die reen beteken dit klaar jy het te vinnig gery vir die omstandighede. Maar dis erg dat mense nog moet sterf op die pad.

barend ·

ek het sondag uit die wildtuin gekom met my woonwa ,die mense op die n4 is glad nie wets gehoorsaam nie ,baie onbeskof en het geen geduld nie .Almal ry so maar die manne in die TOYOTA BAKKIES EN FORTUNARS RY SOOS VARKE !~!!!!!

Sara ·

Ons is daar verby voor die nooddienste opgedaag het. Ek wil my dank en waardering uitspreek vir die N4 patrol span wat beheer geneem het en verkeer gereguleer het. Hulle was puik. Net hartseer vir arogante bestuuders wat die personeel se opdragte ignoreer. Ek weet hulle is nie wetstoepassers nie, maar op daardie stadium was hulle al wat daar was. Hulle optrede was beter as die van wetstoepassers wat ek al by sulke tonele gesien het. Wat my die meeste beindruk het was dat hulle die verkeer op die draai voor die ongeluk gewaarsku het. Ek hoop iemand wat iemand ken kan ons dank aan die span oordra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.