Drie sterf, 7 beseer toe voertuig omslaan

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek nadat drie mense Vrydag in die vroeë oggendure dood is toe ʼn voertuig op die N1-Suid naby Modimolle in Limpopo omgeslaan het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê daar word beweer dat ʼn vragmotor ʼn U-draai op die snelweg gemaak het wat glo tot die ongeluk gelei het.

“Die ongeluk het omstreeks 03:00 naby die Modimolle-tolplaza gebeur. ʼn Dubbelkajuit-bakkie met ʼn sleepwa agteraan het 15 mense vanaf Polokwane na Pretoria vervoer toe ʼn vragmotor na bewering ʼn U-draai reg voor die bakkie gemaak het. Die bestuurder van die bakkie het beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan,” het Ngoepe gesê.

Drie mense is op slag dood, terwyl sewe ander ernstige beserings opgedoen het. Die beseerdes is na ʼn hospitaal in Bela-Bela gehaas. “Die vragmotorbestuurder is onmiddellik in hegtenis geneem,” het Ngoepe gesê.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Org ·

Korrek my as ek verkeerd is, ‘n dubbel kajuit bakkie met 15 persone in. My wiskunde gee my 5 persone in die kajuit, die res agterop, hkm is die bestuurder as hy nie oorlede is nie ook gearessteer vir oor laai nie?

Rabes ·

15 mense in ‘n dubbelkajuit bakkie? Die bestuurder van die bakkie moet aangekla word

Carl Volschenk ·

Soveel mense in een bakkie…daai tyd van die oggend/nag….op die N1 suid..? Moet onwettige vervoer van immigrante van Zim af wees?

Gese k ·

Ek wil ook weet 15 mense in n dubbel kajuit, was die ander op die bak agter daai tyd van die oggend.Mmmmm!! Laat men’s wonder

Pastoor ·

Nee julle somme is reg. Bakki is oorlaai. As die voertuig uit beheer raak dan is hy uit beheer. Met daardie gewig agter op. Dan rol hy.
Death trap van note sorry

Hanna ·

15 Mense in daai voertuig en n sleepwa? Seriously? Dis te erg…

Johan ·

onthou net as dit onwettige immigrante was het party seker in die sleepwa gesit, so bakkie was nie oorlaai nie.

Scalla ·

Volg hul Spur se voorbeeld, altwee het fouteer, die bakkie bestuurder moet ook toegesluit word, dit was oorlaai, daar was seker mense in die trailer ook gewees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.