Drie sterf by Lochvaal toe ses voertuie bots

Rook van ‘n veldbrand het vermoedelik tot die ongeluk bygedra. (Foto: ER24)

Drie mense is dood en minstens 14 beseer toe ses voertuie Sondagmiddag op die N1 naby Lochvaal gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici was omstreeks 15:40 op die toneel. Verskeie voertuie het op die hoofweg gestaan en talle mense het op die toneel rondgeloop.

By nadere ondersoek het paramedici ʼn ouerige paar en ʼn man roerloos in een van die voertuie gesien lê. Al drie van hulle het egter reeds aan hulle beserings beswyk.

“Sowat 14 ander pasiënte is op die toneel versorg. ʼn Ma was in ʼn bedenklike toestand, terwyl haar dogters van onderskeidelik 11 en 14 ligte beserings opgedoen het.”

Volgens Meiring is die ma op die toneel behandel voordat sy na ʼn hospitaal gevlieg is. Die ander pasiënte is met ambulanse na verskillende hospitale geneem.

Rook van ʼn nabygeleë veldbrand wat sigbaarheid bemoeilik het, het glo tot die botsing bygedra.

Die plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

charlotte ·

Onskuldige mense se lewens weggeneem. Sterkte aan die families…1 vraag….WIE GAAN NOU VERANTWOORDELIK WEES VIR HUL MOORD???? Mag hul in vrede rus. Dit is soooo onnodig. Sterkte en voorspoed aan die beseerdes ook

Misky ·

Rook is net so erg soos mis en mens verminder spoed en sit jou noodligte aan. Ongelukkig kry jy die mense wat nie dit doen nie en jaag asof die duiwel agter hulle is. Sterkte aan die familie en naasbestaandes

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.