Drie sterf in 2 gru-plaasaanvalle binne 24 uur

Argieffoto: Lorraine Claasen

Drie mense is die afgelope 24 uur dood in twee plaasaanvalle, een in Mpumalanga en en die ander in Limpopo.

Twee mense van Roedtan in Limpopo, vermoedelik ʼn egpaar, is dood tydens ʼn aanval Saterdagaand op hul plaas.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het die nuus aan Maroela Media bevestig.

Müller sê die twee is intussen as Piet en Tilla van Zyl geïdentifiseer. Meer oor die aanval is nie in dié stadium bekend nie.

“Die ondersoekspanne is tans op die toneel en meer inligting sal weldra bekendgemaak word,” sê hy.

Dit is die tweede aanval in 24 uur waarin ʼn boer sterf. Anton Smuts (62) van Mpumalanga is ook Saterdag dood in ʼn plaasaanval.

“Hulle het hom op die agterste sitplek van ʼn dubbelkajuitbakkie gegooi en die bakkie aan die brand gesteek,” sê Müller.

Ondersoekspanne is ook besig om dié toneel te fynkam.

Meer inligting oor albei aanvalle volg binnekort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

119 Kommentare

Boland ·

Dan vra hulle hoekom is daar rasse haat.Noem dit by sy naam.

Sky ·

Ons sal moet besef dat daar alreeds ‘n oorlog gevoer word. Dit help nié om te dink politici gaan jou veilig maakl nie. Politici gaan nie oor jou bekommerd wees nie. Dit help nie om te dink Pietie of Koosie of ENIGE iemand anders gaan iets doen nie. Ons mense sal baie vinnig moet begin besef dat ons verantwoordelik vir ons eie veiligheid is. Niemand gaan dit VIR jou doen nie. Niemand gee om nie. Dit help nie om bybelversies aan te haal nie. Ek kan glo mense kan so onnosel en naïef wees nie.

Sky ·

Magda, dit it’s net soveel ‘n sielkundige oorlog as wat dit ‘n fisiese oorlog is. Eenvoudig gestel; die marteling is om ons bang te maak. Kyk hoeveel plase wórd tans vir ‘n appel en ‘n ui verkoop. Daar is beslis een of ander mag agter hierdie plaas aanvalle.

KarenG ·

Die wreedheid van die aanvalle/moorde gaan my verstand te bowe. Dis net te veel om te verwerk. Hoe doen ‘n mens so iets??? Jy KAN mos nie ‘m hart he nie!!!! Ek is al so opreg keelvol om te lees van al die aanvalle en moorde….dit voel asof dit net erger word by die dag!!

Hoe op aarde kan die regering nie sien dis ‘n massiewe probleem nie….ja, ja, ek ken die antwoord.

Ek moes eerlikwaar nou my beste afrikaans hier gebruik, want die woede wat ek voel kan ek nie verwoord soos wat ek tans voel nie…..

Rochelle ·

Nou net gelees en dis soooo waar, sjoe! Dis alles klaar presies só ?

Liezl ·

Mat 10:26-28
26 Moet dus nie vir mense bang wees nie. Daar is niks bedek wat nie openbaar gemaak sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie. 27 Wat Ek vir julle in die donker se, moet julle in die daglig se, en wat in julle oor gefluister word, moet julle van die dakke af uitbasuin. 28 Moenie bang wees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan.

Willem ·

Jakes so jy se hierdie boere was nie gehoorsaam aan die Vader nie? So hulle was nie Geseend nie?

Jakes ·

Willem inderdaad nie,daar word gepraat van n volk nie enkelinge nie.as hande vat met oom aartappel die resultate is dan is dit mos ooglopend die verkeerde ding

Piet ·

Jakes as jy weer gaan sleg praat van n aartappel dan is dit ek en jy boet!

Henk van Wyk ·

Instansies soos Afriforum sal moet toetree om die wetstoepassers en in spesifiek die Vervolgensgesag daartoe te dwing om openlik sulke misdadigers behoorlik vas te vat.Die misdadiger is glad nie bang vir die SAPD en NPA nie en kom inderdaad weg met hulle “brutale” geweldsmisdade sòos plaas aanvalle verkragting moord en rooftogte.
Dalk moet die “gewone ” mens ook maar nou geregtigheid laat plaas vind soos in Bybelse tyd.Is die owerhede nie nou genoeg tyd gegun om hulle ding te doen nie? Druk word voortdurend op hulle gesit om misdaad te bestry.
Ons is nou moeg om net te sit en toekyk hoe word ou mense ,kinders-weerlose individue geweldadig verkrag dood gemaak en selfs van ons eiendomme af gedryf.
GENOEG IS GENOEG.

Boerseun ·

Wat soos die grace saak. Die staat is lankal die witman se vyhand en die howe is so betroubaar soos die liberale of progressive regter wat voor jou sit. Noem dit lose lose

Henry McDonald ·

TERRORISME – onder die dekmantel van misdaad…….geen ander verklaring.

Naomi ·

Ek stem 100% saam. N volgende Zimbabwe. Ergste terrorisme ooit

Annette ·

Ek voel saam met jou. Moedeloos en magteloos. Net die Here kan ons help.

Zeus ·

Dit is nie nodig om mageteloos te voel nie. As jy jouself bewapen kan jy baie magtig optree teen aanvalers.

andrea van vuren ·

Die boodskap agter die boodskap is: Die Here het ons met genoeg verstand bewapen. Dink, werk saam, tree op en skiet!

Swartkat ·

En steeds word dit gesien as maar net nog ‘n boer en sy vrou wat tragies vermoor is op ‘n plasie iewers. As dit nou ‘n inbreker is wat geskiet is, was dit nou ‘n nasionale ramp en is daar rassisme geskreeu tot in die hoogste hof en optogte gehou en alles af gebrand, maar dit is net ‘n boer – tragies en walglik

Anet ·

Dit maak my SIEK!!! Hoe lank gaan dit nog aanhou? Ek bid aanhoudend uit my hart uit dat die onsinnige moorde en aanrandings op plase moet ophou, maar heel duidelik bid ek teen ‘n muur vas! Dit raak wragtig nou net te erg. As smeekbede nie eers verhoor wod nie sal niks anders help nie. (En ek glo daar is vele meer as net ek wat God smeek dat dit moet einde kry, maar Hy hoor ons nie.) Elke keer as ek van so iets lees brèèk dit my! Dit maak my so bitterlik opstandig!

Gertie de Meyer ·

Ons moet onthou Hy straf agv al die ongehoorsaamheid. Bybel vol van dieselfde geskiedenis. God is groter as ons leiers, groter as rie omstandighede. Genade vir hulle wat hul lewe verloor. God is regverdig. Hy wag nèt vir die regte tyd om weereens Sy grootheid en almag te wys. Wees getrou in u geloof en vertroue in Hom. Hý sal oordeel. Mag Hy ons sterk en troos. Ons is sterk Afrikaners soos ons voorvaders. Moet niè agterlosig wees nie. Bly parààt! Vrede en genade vir elke kind van GOD. Ons kerke loop leeg. Ons vertrou op onsself. Neem ons God kwalik? Ons het ‘n toekoms vir ons land, God is reeds teenwoordig. Bid vir ons leiers dat hul oè sal oopgaan vir Sy wil. Dit is mòòntlik. Ps 50 vers 15. Roep My aan in die dae van benoudheid. Ek sàl jul help, jul moet My eer… Kom medegelowiges, wees sout en lig vir ons medemense…

Charmane ·

Ons Liewe Vader gee vir ons as mens n gedagte en n Brein en gesondheid die res hang van ons self af .
Dis nie dat ons Vader ons gebede nie hoor nie hy hoor ons maar dis ons wat net terug sit en niks daaraan doen nie hy het reeds vir ons alles gegee om vir ons self op te staan maar ons gebruik dit nie ons sit maar net gedwee en wag om die volgende naam te word in die Raport of dalk die Sondag koerant so hoe kan ons Vader ons dan help? Ons aan aanvallers sit nie en wag nie hulle doen hulle wag nie vir n dag se moord tog nie hulle doen n dag se moord. So wanneer gaan dit end kry wanneer ons self begin om terug te baklei en dan alleen.Git gese hou op kla ons almal ek in kluis ons moet ons vingers uit ons allies uit haal en iets daaraan begin doen want die staat lag ons uit en more is ons almal net n na gedagte in hierdie land.

Marie van der Berg ·

Here, ek bid dat U die naasbestaandes in hierdie 2 families in U Hande sal neem en hulle behoed en beskerm. My innigste simpatie aan die gesinne. RIV.

Johan Bekker ·

So Afriforum hoeveel boere nog voordat ons se.genoeg is genoeg??????

Mens ·

Afriforum verblind die wat blind is net verder met hul sogenaamde optrede teen misdaad. Hulle kan en wil niks doen nie. Ook maar net deel van die system.

Afriforum lid ·

Johan en Mens…..
Nou hoekom word julle nie deel van Afriforum en werk saam nie….. maar ja sois altyd is julle groot bek en het nie ‘n clue wat in die land werklik aangaan nie, kom word lid van afriforum en kom sien hoeveel misdaad is daar regtig…. hou op moan en kom help…. wat het jy vir jou gemeenskap se boere gedoen behalwe om te moan? jy sal verbaas wees wat Afriforum werklik doen!

$ ·

“Hulle het hom op die agterste sitplek van ʼn dubbelkajuitbakkie gegooi en die bakkie aan die brand gesteek”.
Watter kleur was die slagoffer? Uit sy naam en van kan ek aflei: wit. Watter kleur is die aanvallers? Laat weet asseblief wanneer hulle gevang word – ás hulle gevang word. Dán, berig asseblief vir weke en maande oor die voorval, selfs wêreldwyd, en noem die aanvallers en ras by die naam.
Want: “Hulle het na bewering vir Mlotshwa in ‘n doodskis gesit en gedreig om petrol op hom uit te gooi en hom aan die brand te steek …”.
Trek die parallel.
Is die doodskis aan die brand gesteek? Nee. Is Mlottshwa dood? Nee. Beseer? Nee.
Is die voertuig aan die brand gesteek? Ja.
Is Smuts dood? Ja.
Weet die hele wêreld dit? Julle ken die antwoord.

Carolina ·

Jy dit ?% opgesom en mense wat nog glo die ANC Lite (DA) gaan iets doen moet ‘n wake up call kry want ons is op ons eie

Siek en Sat ·

AMEN..!!!!AMEN..!!!!Haan STEM 100 persent saam met jou….HERE ONS BLANKE VOLKIE BID OM U GENADE AMEN..!!!!!!!!

Boer ·

Die onafwendbare gaan kom….dit is net n kwessie van tyd. Ek sal veg vir my verlede en my toekoms

Celeste ·

Ons moet nienet praat nie, ons moet begin saamstaan anders gaan daar niks van ons oorbly nie

Bert ·

Tyd vir ‘n massavolksvergadering by die Voortrekkermonument. So ‘n saamtrek kan ons met nuwe energie laat en ons kohesie versterk. Ons gaan ons eie paramilitêre mag op die been moet bring, landswyd in die landelike gebiede. Wat anders?

Karma ·

@Carolina – dit is nou die beste beskrywing van die DA wat ek al OOIT gehoor het! ANC Lite!!! Ha-ha-ha, snik-snik-snik ….. so waar. Die DA is geïnfiltreer deur ANC en EFF elemente!

Tiger ·

”Ag dit sal nie met ons gebeur nie.Dit gebeur net met ander mense” so glo ons almal.Maar die skrif is teen die muur.JY KAN volgende wees so mense word net wakker asb. en skerp jul paraatheid op.Loop met jou handwapen AAN jou 24/7 om mee te begin.
Ons innige simpatie aan die naasbestaandes van die twee gevalle.

Johan ·

Dan is my Premier aangevat oor feite van die destydse kolonialisme! Verder is ons voorvaders se haat teen die Engelse tydens en na die Anglo Boere oorlog vulletjies. As die doodstraf dan indruis teen menseregte wat noem ons hierdie beplande moorde op onskuldiges? Tronkstraf is nie die oplossing nie. Strafkampe vir moordenaars waar handearbeid verrig word gaan meer gepas wees.

Peet J ·

Ek word briesend woedend kwaad en ek verag die persone wat ons in hierdie situasie laat beland het mag hulle siele nooit tot ruste kom nie . Ek stem saam Haan met jou voorstel ons sal maar paraat moet wees dag en nag.

Hermanus ·

Peet J, jy verwoord presies my eie gevoel. Ek haat diegene wat die oorsaak is vir die ellende wat oor my mense gekom het. Die ergste is: Hulle stam uit my eie volk…

$ ·

Maroela wáárom verwyder julle my kommentaar??? Wat sê ek waarvan julle nie hou nie???? Waarom kan daar nie berig word oor hierdie geval soos oor die doodskisvoorval nie? Wat is verkeerd daarmee om minstens net daarvoor te vrá???

Haan ·

Wil self weet waarom myne vir etlike minute verskyn voordat dit verwyder word. Maroela ek smeek julle asseblief plaas net weer my vorige kommentaar?

oumie ·

$ daarom try ek so min as moontlik kommetaar lewer myne is baie sagter gestel as party mense sin maar nee myne word keer op keer verwyder

Leahim ·

Geen verskil tussen mm en the new age van die guptas altwee plaas net wat hulle pas en dit is nie demokraties nie.

Kiekie ·

Vra ek ook! Wil niks verkeerd hoor van babelaas Botha, draadspringer de Klerk of muis Meyer nie!

Justice ·

….en vlug weer ongehinderd terug om die reg vry te spring.

Jurie ·

Dit is so duidelik soos daglig dat n minderheidsgroep geteiken word en daar moet daadwerklik iets gedoen word om die minderheidsgroepe in die land te beskerm.

Te veel ·

As die Afrikaners wil saamstaan sal hulle moet ophou om ‘n tientalle klein partyjies op te split wat elkeen niks gaan bereik nie. Kom saam onder die beste oorblywende opsie wat ‘n kans staan om ‘n verskil by die stembus te maak, naamlik die DA. Die DA het ook sy foute [niks op aarde is volmaak nie], maar om vir hopelose klein partytjies soos die VF+ te stem is ‘n vermorsing van tyd en loop op ‘n hopelose verdeeldheid uit onder vredeliewende kiesers.

Veritas ·

Te Veel, jy maak die fout van jou lewe indien jy glo dat ENIGE politieke party vir ons gaan opstaan. Ons as gewone burgers moet ons eie heil bewerkstellig. Ek wil hiermee ‘n beroep doen op landbouleiers om die leiding te neem met die stigting van ‘n georganiseerde, nasionale reaksiemag. Ons sit tans met gefragmenteerde groepies wat net in hul eie areas aktief is. Hulle haal nie eers bladsy drie van die dagblaaie nie aangesien hul getalle te klein is. ‘n Nasionale organisasie met ‘n paar duisend lede wat al die kleiner groepies kan saamvoeg, sal ons ruggraatlose regering dalk laat wakker skrik. Let wel, ek propageer nie ‘n veldtog teen die regering nie maar bloot ‘n selfverdedigings meganisme wat uit een mond praat en handel. Wanneer tienduisend boere saam praat gaan iemand luister. Dit is gewis.

Dries ·

Geagte Te Veel wat op dees aarde is in jou koffie soggens? Slaappille? Daar is absoluut geen beleidsverskil tussen die ANC en die DA nie. Die onlangse onkunde teen Helen Zille is duidelike voorbeeld dat enige iets blank ook deur die DA misbruik sal word tot politieke voordeel en magsgewin. Algar sal jou vertel kom kyk hoe lyk die streke waar die DA aan bewind is. Sonder oogklappe presies soos die res van SA.

Nee regtig die persoon wat vandag nog dink die stembus gaan ons red, of te meer nog sy vertroue in die land se regstelsel los moet bietjie sterker koffie drink soggens.

Daar is net een pad, die pad wat die geskiedenis ons geleer het die laaste 179 jaar.

Cherokee ·

Waar is die mense wat hul wapens oor ‘n polisietoonbank ingehandig het, omdat dit te veel moeite was om die nuwe regulasies te volg, se kommentare? Di was die verkeerde besluit nè!

Veritas ·

Cherokee, ek dink nie dit gaan oor die moeite van nuwe lisensies kry nie. Dit gaan oor mense wat gedink het, of liewer gedroom het, oor ‘n Utopia waar misdaad en geweld nie bestaan nie. Daardie droom wat deur politici aan ons voorgehou is. Dieselfde politici wat vandag tjoepstil is omdat hulle nou eers begin besef hoe hulle om die bos gelei is deur ‘n terroriste-organisasie. Het hierdie mense werklik geglo dat rasseharmonie in Sui-Afrika, haalbaar is?

Attie van R ·

DA is ruggraatloos en doen absoluut zero. Sienende blindes is daar egter in hul duisende wat steeds hierdié klomp ondersteun. Geen wonder dinge verbeter nie. Slap opposisie beteken absoluut niks nie. Dan eerder ‘n instansie soos Afriforum wat ten minste probeer.

TomP ·

Almal spreek hul misnoeë uit oor sulke voorvalle. Wat doen JY? Is jy deel van die VVK? Neem jy deel aan die gespekke/besluite oor watter pad/metode gevolg gaan word? Behoort jy aan n organiesasie wat staan en veg vir ons minderheid?
Wel, die wette van die land is teen my en jou en mag ons nie op ons eie of as organisasie optree nie, en daarom moet ons almal deel word van die VVK waar ons saam n verskil kan maak.
Vergeert van die organisasies/instansies wat op die politieke veld iets probeer doen, aangesien hulle bedmaatjies is met die regering!
Werk saam en word deel van n volksbesluit, so kan ons as volk n mandaat bekom en dan iets doen daaraan..

Pop ·

Dit is waarvoor die ANC bekend geword het. Terreur, kant en klaar. Haat groei al in ons klein kindertjies se harte. Passop, al die haat gaan plofpunt bereik.

Grassie ·

Die ontsettende wreedhede wat tydens plaasaanvalle gepleeg word is tog ‘n duidelike aanduiding dat die motiewe nie bloot diefstal is soos die regering probeer voorgee nie. Politieke leiers stook blanke-haat aan in hul toesprake en hulle moet die grootste blaam dra vir die moorddadige aanvalle op weerlose mense. Maar hulle kom skotvry daarvan af. Hul optredes word afgemaak as “freedom of expression”

Grassie ·

MM – dankie dat julle vir ‘n verandering my kommentaar plaas. Ek het al begin dink ek is persona non grata op die webwerf.

Melanie ·

Eerstens innige simpatie aan die families dan waarom is daar soveel plaasmoorde?Is elke plaasmoord nie een teveel nie, wat gaan gedoen word om die sinnelose moorde en selfs die brutale aanvalle testuit.Iets moet gedoen word om die regering tedwing om meer strenger op tetree teenoor aanvallers stel ‘n voorbeeld strenger tronkstraf.

Terrible ·

Hi Melanie,tronksraf is ook net vir n rukkie,dan loop hy weer vry rond vir die volgende aanval!

Kobus en Petra Brummer ·

Dit is so groot verlies vir elke kind en geliefde, vriend, kennis en ook die gemeenskap – Ja dit is grusaam maar ek glo vir Proppie en Tilla was dit ‘n wins om hier uit te stap en by Vader God in te stap. Ons huil saam met elkeen van julle.
Ons bid dat die God van Vrede elke hart en sinne sal bewaar en dat Heilige Gees saam met elkeen wat geskok en geruk is die pad sal stap en elkeen sal vertroos op sy of haar vlak.

Hannes Combrink ·

Prop en Tilla is op beter plek maar die wreedheid het nie een van hulle verdien nie. Dit was twee mense wat sout van die aarde was wat altyd hulle medemens gehelp het. Die wraak wat deur mens se gedagtes gaan kan ek nie hier noem wat ek met hulle aanvallers wil doen nie. Kom ons hoop ons paaie kruis nooit want hulle sal vir ewig in my gedagtes bly.

Werner ·

Afriforum gaan ons nie help nie kry n wapen as jy een het dra hom oefen met hom en kyk na jouself vergeet die polissie en organisasies hulle beteken niks

Jay ·

Net so! Ons mense wil altyd na n “Authority” luister of dit nou n Leier van politieke organisasie, n sivile aktivist groep is byvoorbeeld, wanneer daar duidelik nie meer “Authority” in die land is nie. Blykbaar is die gebruik van geweld net reg wanneer die regering van die dag sê dis reg.

Verskoon tog die Engels.

Johan. H. ·

MM verwyder weer my goedjies,,,,,Niks leliks gese, Maar ek stem saam met… Boer, John en Vetsak….

Vicky ·

My niggie se eks-man is ook vermoor gestraand Magaliesburg iewers. Dis erg!

Nita ·

Dit is nie net op plase, ons duidelik nêrens veilig. Kyk hoeveel mense word nou in hul huise in dorpe. Stede… Geskiet! Geen vrae hul skiet en vat! Word hul gevang nie vinnig genoeg nie! Wat het mugabe die naweek gesê, daar sal nie teen die moordenaars wat boere in Zimbabwe vermoor het, opgetree of vir moord aangekla word nie!

Danika ·

Ek is bereid om n’ verskil te maak… Waar begin ek? Enige raad?

Danika ·

Ek wil graag n’ verskil maak… Waar kan ek begin? Enige raad?

Andrea ·

Ek voel ons moet met organisasies soos Afriforum saamwerk; hulle het n stem, ons is individue.

Eish ·

Nog twee!
Ek het nie meer woorde vir die volksmoord nie, niks! Leeg, hol, rou!

Jacqui ·

Ek wil graag aan elkeen se, ek weet hoe julle in jul hart voel. Miskien het dit tyd geword dat ons as Boere saam staan en bid vir ons land. Indien daar enige iemand is wat bereid is om die Sabbat van God
reg te hou mag ons floreer in ons land wat God ons gegee het. Ongelukkig moet ons deur al hier die dinge gaan, dit is nie dat God dit nie raak sien nie.
Ons moet volgens God se gebooie lewe.
Vir die wat nie weet nie die Sabbat begin elke nuwe man, nie Saterdag if Sondag nie.

Probeer gerus om die Sabbat reg te hou en almal sal die goeie vrugte daar van te se pluk speel as om die ewige lewe en die koninkryk van God in te gaan.

Slaan na op WLC en The Trumpet. Com, Daniels timeline.

Ek hoop en bid dat elkeen wat hier die lees n seen van God sal ontvang.

Ons tyd is kort en God staan op die drumpel…

david ras ·

Ek merk dat daar heelwat kommentators is wat ook kla omdat hulle kommentare asblik toe gaan.Welkom by die klubbdis deesdae byna elke keer my lot. Doen ek navraag hieoor word ek of verwys na hulle ellelange lys van reels of ek word bbloot geignoreer–soos hierdie skrywe se lot seker ook sal wees.
MM-dit lyk of julle modereeders (of is dit moderators?) of hopeloos oningelig, of moedswillig is ,of deur hoer vlak aangese word wie om te weier.
As julle eerlik is sal julle erken dat my kommentare nooit rassisties is, nooit vuil taal of beledigend is nie.
Newys my verkeerd–as julle kan…..

Ontsteld ·

Vanaf Barend Pienaar:

More Vriende:

Dit het onder my aandag gekom dat Johan Burger die senior navorser van die instituut van Sekerheids studies ‘n SNOER of dan MUILBAND mosie teen my wil verkry op die 31 ste Augustus 2017 in die Hooggeregshof in Pietersburg.

In kort beteken dit dat ek en of die daaropvolgende mense wat se dat hy twak praat oor die feit dat 90% van alle plaasmoorde slegs pogings tot diefstal is wat dan skeefloop ook gesnoer gaan word.

Sou hy suksesvol wees teen my sal ek nie in die openbaar sy uitsprake kan beveg nie. Dan sal hy ook bevele teen ander organisasies en of individue kan verkry.

Maar soos alle hofsake gaan hierdie nie goedkoop wees nie. Ek is in persoon gedagvaar. Sou ek nie verdedig nie gaan hy suksesvol wees.

Dus vra ek die volgende. Sal daar persone wees wat my geldelik sal bystaan aangesien hierdie ‘n baie groter saak as net ek is.

Ashlee ·

Meester Pienaar. Jy het gepraat, jy moet opdok. Vat die pak swaer. Voor jy tik next time, loop n draai om die huis.

Andrea ·

Ek kan nie ophou veladting betaal nie; dot word van my salaris maandeliks deur my werkgewer afgetrek. Maar ek kan help beplan en werk aan idees vir selfbeskerming, ens. Waar kan ons bymekaar kom? Op vasgestelde datum in elke dorp en stad?

Dries ·

Ag MAroela Media ASB . Kom ek stel dit dan in duidelike boere Afrikaans. Die regstelsel soos dit tans daar uitsien maak geen haar af aan misdaad nie. Geen ander politieke party bied n oplossing nie. Miskien kan Maroela Media vir ons boere n oplossing bied. Aangesien julle kommentaar verwyder soos n diktatorskap. Of word julle deur naspers befonds wat die ANC se spreukbuis is?

penny ·

Ky jul self gereed ,praatjies lankal verby ,ons sal veg !!!!

Erick ·

Voordat ons kan saam staan moet ons eers opstaan. Ons is plat op die vloer. Ek ook. Begin eers opstaan dan kan ons koppe bymekaar sit.

Carien Laubscher ·

Kom ons staan eers op ons kniee en dan op. Dan staan ons saam met God aan ons sye om die heidene te verdryf en die bose te oorwin.

Marinda vd Merwe ·

Oom Anton my pa Jan se oud kollega goeie vriend. Ons het voor jou groot geword. Ons sal jou mis, so jammer om te hoor….. my hart huil. Here help ons asseblief.

Deidré ·

Stel Erfenisdag voor by die Voortrekkermonument! Kom Afri~Forum! GENOEG IS GENOEG! TREK DIE STREEP IN DIE SAND.

j ·

God asseblief ons nodig help, ons is hulle is beesig om ons dood te maak, help asseblief, is daar niemand wat sien?

Johan ·

Help nie julle Bid en bid nie!GOD het julle talente gegee gebruik dit. Jare gaan verby hoeveel mense is dood en julle bid net Doen iets!!! En bid dat dit wat jy doen werk.

Oom Klasie ·

Begin nou ook in Namibie.Hier gaan nog groot moeilikheid in die Suide van Afrika kom.Siener het geskryf dat ons grense vergroot gaan word en dat die leierskap na die mense met die veldskoene aan verplaas gaan word.

L Muller ( Boervrou) ·

Ons is ook plaas mense oor die 60 jaar n mens kan nie eers op jou eie plaas meer rondry of boer sonder n wapen nie. Maar jy mag hom ook nie gebruik nie. Ons harte breek vir die mense se gesinne wat agterbly. Hoe veneder moes daardie arme mense gevoel het. Ek stem saam dit kan nie so aangaan nie. God het ons gesonde verstand gegee begin om paraat te wees.

Quo Vadis ·

Idee: Kan n leier nie erens opstaan en plaaspatrollies op die been bring nie? Ek skenk eerder my bydrae aan sulke patrollies as Afriforum?

Sandra ·

Ongelukkig is baie min mense bewus van al die plaasmoorde. Ek bly in ‘n Engelse omgewing en almal wat êk ken kan nie glo as êk hulle meedeel van al die moorde nie. Dit is in geen van die Engelse koerante nie ook nie op die nuus op televisie nie behalwe as dit met ‘n bekende gebeur.. Tyd miskien om as van die aanvallers/moordenaars in die hof verskyn, moet derduisende wit mense by die hof opdaag ên sorg dat daar televisie nuus mense is wat ons mense se misnoeë kan rapporteer. Dit is al manier hoe ons die hele land bewus kan maak van al die moorde. Sterkte aan al die familie met die tragiese moorde.

Clene ·

Wat is erfenisdag daar bestaan nie so ‘n dag nie dit is Gelofte dag.

ACCA ·

Nog n rasse aanval en die media is te slapgat om dit te noem want die aanvallers is mos spesiale mense wat beskerm word oor hulle velkleur. As die media nie van jou kommentaar hou nie verwyder hulle dit eenvoudig. Moenie vir my se julle noem slegs ras as dit n rasse aanval is nie. Wat is plaasaanvalle anders. Kom ons kyk of julle n ruggraat het en meer terugvoer gee oor sulke stories soos julle oor die Spur en KFC geval kan rapporteer.

Haan ·

Mense julle gee my nuwe hoop! Hier word gepraat van bid en van baklei. Van verootmoediging, van saamstaan en saamstem. Oom siener het gepraat van pêrels voor die boere se oë. Daardie pêrels is stelselmatig besig om af te kom! Die ontwaking is besig om plaas te vind… Wêreldwyd. Wees rustig en wees voorbereid.

Sue ·

Julle nuus n agter. Daar was meer aanvalle die naweek en meer vermoor. Lees by netwerk24. Waar daar n waarskuwing aan plase en kleinhowes geloots is. Kry al julle feite voir julle halwe waarhede plaas.

Jana ·

Boere veral moet hulle veiligheid opskerp, en as jou vuurwapen in die kluis le, verkoop hom maar.

Adam ·

17 Miljoen mense uit ‘n bevolking van 54 miljoen is op “Allpay”(30%+), werklooosheid in van dit wat ekonomies van die mees produktiewe ouderdomsgroepe moet wees, is in sekere gevalle amper 40%. Die gevolg is misdaad op misdaad met lewensverliese wat by die dag groei. Voeg daarby ‘n onbeholpe, korrupte regering en boonop vrotsige opposisie partye en die toekoms lyk bleek. SA is vol “immigrante” en as ons kyk na die effek wat sg migrante op Europa se misdaadsyfers het, is wat hier gebeur nie ‘n verrassing nie. Indien die regering enigsins belangstel om SA op koers te kry sal hulle ophou steel en korrup wees, ophou om entrepreneurskap te onderdruk, en wet en orde weer funksioneel kry. Indien hulle die maatskappybelastingkoers verlaag en Arbeidswetgewing meer werkgewer-vriendelik maak sal werkgeleenthede geskep kan word. Dit is waarvoor ons behoort te veg en nie om heeldag met ‘n handwapen te loop in die hoop dat jy nie deel van die statistieke word nie.

Therese v S. ·

Adam

Nou maar, Adam, wys asseblief hoe dit gedoen word.

En net terloops, almal is deeglik bewus van wát die probleem in die land is.

Jacques ·

Net weer n bewys dat ons regering en hulle ondersteners nie kan beplan nie , hulle sal in n winkel instap en geen brood of mieliemeel op die rak kry nie dat wil hulle weet koekom ????
Die tyd het gekom dat afriforum die regering aan vat en hulle verantwoordelik hou vir swak wetstoepassing in ons land en dat hulle NIKS DOEN om ons boere te beskerm nie .

Johannes Meintjes ·

Meegevoel. Ten spyte van die herhaalde kommentare van diepe kommer en veiligheidsberade, mediaverslae, verslae aan die buiteland en gesprekke met die SAPD aangaande plaasaanvalle is dit duidelik dat die regering, SAPD, kerk en samelewing blote toeskouers en toenemende slagoffers met geweldige ekonomiese effek, van terrorisme-gebeure bly. Hoe lank voordat buurtwagte onder GPF Sektore hulself oplei, hulle kommuniksie verbeter en totdat ‘n instansie soos bv. die Volksraad “pa” staan vir opgeskerpde blanke Boere-Afrikaner beveiligingsoptrede, met volle samewerking van alle kulturele instansies ter sake. Wie anders, behalwe ons as blanke burgers in SA self, sal die laer moet trek, verghekke en al?

m ·

Breinlose mense wat soveel hartseer veroorsaak. Mens weet nie meer nie want die regering voel niks want hulle wil nie teen hierdie mense optree nie. die boere is aan hulle eie genade oorgelos.

Alida ·

Nog ‘n bloedige naweek in SA.

1. 2 x huisaanvalle : Vaalwater 1 tannie verkrag
2. Heibron Plaasaanval
3. Rustenburg plaasaanval x1 Dood
4. Kinross Plaasaanval x 1 Dood
5. Barberton Plaasaanval x 1 baie ernstig gewond
6. Roedtan Plaasaanval x 2 Dood

En dis net wat ons van weet. 7 plaasaanvalle in Noord-Wes afgeweer die naweek.

George ·

My Liewe Volk, ons moet bid en die Here vra vir kraag. Ons moet ook saam staan, een ding wat ons nie doen in die land, en dan moet ons reg wees om vir die land te veg. Die tyd vir praat sis verby. Tyd vir aksie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Bybelversies en – aanhalings is wonderlik op die regte tyd en regte plek maar by die misdaadvoorkoming ens. moet ons realisties wees. Daar moet opgetree word deur verantwoordelike persone.

Marzanne ·

Wat kan ons doen om te help? Ons moet die boere help. Kan ons nie ‘n veldtog begin om die boere te beveilig nie? Daar is so baie blanke besighede wat kan en glo sal wil help. Ons moet onsself help, niemand anders gaan nie. Ons almal bid, maar die Here gee ons ook die krag om op te staan vir onsself. Kom ons staan saam en help.

Milo ·

Sluit aan by Afriforum buurtwag, ons is tans besig om massa patrolies te stuur na plase!

Attie van R ·

Dan is daar nog blankes wat dit as gewone misdaad afmaak en simpatiek staan teenoor hierdié terroriste. Die vyand is in eie geledere.

Lizl ·

Ek was `n betalende lid van Afriforum, en het reeds laas week my bedanking ingedien, my debiet orders gestop. Want hoekom word ons geld gemors op sake soos die G. Engels, maar ons mense word uitgemoor en nerens sien jy Afriforum so aanvallend uitdagend optree nie…

Danika ·

Afriforum is die enigste instansie, wat opstaan vir ons Blanke regte. Ons blankes moet saamstaan en Afriforum ondersteun. Ek sal eerder my debiet order verhoog, i.p.v. kanselleer. As al ons blankes aansluit by Afriforum, kan ons as een staan. Dit is waar ons kan begin SAAM. Nie elke een in sy eie rigting nie. Afriforum spandeer ons fondse baie beter as die regering. Wie het die mense van Knysna bygestaan? Afriforum. Wie was eerste op die toneel, toe my Oom Anton Smuts Saterdag verbrand is, om hulp te verleen? Afriforum. Wie gaan seker maak, dat die POLISIE sy moordenaars vervolg? AFRIFORUM

Deon ·

Ieder en elk van ons moet ons bewapen, vir die wat nog nie het nie. Ek stem tereg met die stelling dat ons aangewese is op onsself. Praat gaan niks aan die voortsettende pleging van moorde teen die blanke doen nie. Is van al die praat dat ons sit waar ons sit. Ek stem dat iemand laggend vir die blanke sit en toutjies trek, kandidate vir die pleging van moorde op plase, plotte, dorpe en stede het hul oor as genoeg. As al die voortplegende moorde nie vir ons n wake up call is nie, wanneer gaan ons wakkerskrik. Wanneer dit heeltemal te laat is. Bewapen en beskerm julself

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.