Drie sterf in aanval by moskee

vuurvreters_sny_mes_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Drie mense is Donderdag tydens ʼn aanval by ʼn moskee in Malmesbury in die Wes-Kaap dood.

Lt.kol. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het gesê die voorval het in die vroeë oggendure plaasgevind.

“Twee mense is deur ʼn aanvaller met ʼn skerp voorwerp doodgesteek, waarna die aanvaller deur die polisie doodgeskiet is toe hy geweier het om homself oor te gee. Die aanvaller het ʼn mes by hom gehad en op die polisie afgestorm voor hy geskiet is,” het Traut gesê.

Traut het gesê die aanvaller, in sy 30’s, het talle ander mense ook gesteek en gewond voor die polisie by die toneel opgedaag het.

Die polisie is nog op die toneel om die voorval te ondersoek. Die motief vir die aanval is nog onbekend. Die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) sal die dood van die aanvaller ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pietsepan

Hoe jammer tog. Nou gaan die blaam op alle Christene geplaas word.

Fiela

ISIS tien teen een.

Jo

Maar dat 5 aanvallers my bestorm met messe, dan mag ek nie skiet nie.

Johan H.

Stem saam Jo.. Die sapse kon ook mos maar n mes uitpluk en hulle wil die reels afdwing, maar kannie eers die lisensie debakel uitsorteer nie,

Christo Volschenk

Gister se nuus dat n Boko Haram-verwante bende in Mosambiek voet vat, is vir my baie verontrustend. Dit het skielik ook vir my dinge in SA duidelik gemaak en my laat wonder oor andere. Byvoorbeeld, ISIS (of breer gestel, radikale Moslems) soek lande uit waarin twis tussen bevolkingsgroepe bestaan en hits die onmin dan aan tot op n punt dat die groepe mekaar aan die keel gryp. Daar is reeds geruime tyd onmin in Mosambiek. SA het ook die potensiaal vir n burgeroorlog en dit laat my wonder: steek oorsese radikale Islamisme nie agter ons plaasmoorde nie? Hierdie aanval in… Lees meer »