Drie sterf in aanval by moskee

vuurvreters_sny_mes_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Drie mense is Donderdag tydens ʼn aanval by ʼn moskee in Malmesbury in die Wes-Kaap dood.

Lt.kol. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het gesê die voorval het in die vroeë oggendure plaasgevind.

“Twee mense is deur ʼn aanvaller met ʼn skerp voorwerp doodgesteek, waarna die aanvaller deur die polisie doodgeskiet is toe hy geweier het om homself oor te gee. Die aanvaller het ʼn mes by hom gehad en op die polisie afgestorm voor hy geskiet is,” het Traut gesê.

Traut het gesê die aanvaller, in sy 30’s, het talle ander mense ook gesteek en gewond voor die polisie by die toneel opgedaag het.

Die polisie is nog op die toneel om die voorval te ondersoek. Die motief vir die aanval is nog onbekend. Die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) sal die dood van die aanvaller ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Pietsepan ·

Hoe jammer tog. Nou gaan die blaam op alle Christene geplaas word.

Cherokee ·

Dit kan ‘n moslem-aanval gewees het. Almal weet tog dat moslems val selfs moslems aan.

Jo ·

Maar dat 5 aanvallers my bestorm met messe, dan mag ek nie skiet nie.

snoefie ·

net so joe. of as hulle in jou kind se kamer met vuurwapens is, want die arme misunderstood mense het oor jou muur geklim, by jou huis ingebreek met vuurwapens in hulle hande, om te kom kyk of jou kinders nog toe onder hulle komberse is.

Johan H. ·

Stem saam Jo.. Die sapse kon ook mos maar n mes uitpluk en hulle wil die reels afdwing, maar kannie eers die lisensie debakel uitsorteer nie,

Christo Volschenk ·

Gister se nuus dat n Boko Haram-verwante bende in Mosambiek voet vat, is vir my baie verontrustend. Dit het skielik ook vir my dinge in SA duidelik gemaak en my laat wonder oor andere. Byvoorbeeld, ISIS (of breer gestel, radikale Moslems) soek lande uit waarin twis tussen bevolkingsgroepe bestaan en hits die onmin dan aan tot op n punt dat die groepe mekaar aan die keel gryp. Daar is reeds geruime tyd onmin in Mosambiek. SA het ook die potensiaal vir n burgeroorlog en dit laat my wonder: steek oorsese radikale Islamisme nie agter ons plaasmoorde nie? Hierdie aanval in Malmesbury is vir my ook (soos briefskrywers hierbo) n doelbewuste poging om die Moslem-gemeenskap van Kaapland (wat tot nou besonder onpolities was) op te hits. My vraag: kan dit wees dat die onmin tussen godsdiensgroepe in ander lande nou ook oorwaai na SA?

Speedguard ·

Stem saam idiaale klimaat om hul veldtog te laat blom !!

Jacobus ·

Vra die linkse liberale menseregte aktiviste wat misdadigers so beskerm.

OPOD moet seker maar kyk of die geweld gebruik deur die Polisielede om die arrestasie uit te voer geregverdig is aan die hand daarvan dat hy net ‘n mes gehad het, wil seker nou weet hoekom die Polisie nie eerder “Tazzers” of knuppels of ander metodes gebruik het nie.

Kry die Polisielede jammer wat nou deur die ondersoek moet gaan; hulle gaan ‘n rowwe tyd hê.

Ondersoek ·

Hoekom moet daar nou ‘n ondersoek na die aanvaller se dood wees? Is dit nie duidelik genoeg waarom hy geskiet is nie? In SA het die misdadigers mos meer regte as die slagoffers. Nou wil hulle waardevolle hulpbronne aanwend vir die ondersoek. Dis mos ‘n mors van tyd en geld!

jaco ·

die engelse pers berig dat die aanvaller self moslem was. so dis vreemd: n moslem vermoor ander moslems. ek kan verstaan as hulle christene of jode vermoor, maar waarom vermoor hulle eie mense?

Kannaland ·

Was dit nie ook die geval in die moskee aanval in Durban nou onlangs nie?

Jacobus ·

Soos in die Christengeloof is daar ook verskille in die moslem geloof. Dink aan Irak, Sirië, Yemen, Lebanon, ens.

Sunni en Shia is die twee hoof gelowe met hulle sub-dominasies Alawitism, Salafism, Wahhabism ens.

Sunni en Shia sit nie langs die selfde vuur nie; dink maar net aan die Drie Suster Kerke minus die geweld wat plaasvind tussen Sunni en Shia.

So, moslems sal ander moslems aanval as hulle nie aan die selfde dominasie behoort nie.

Wahhabism wat aan die Sunni geloof behoort is die gevaarlike en geweldadige deel, en in Suid Afrika; betaal Saoedië-Arabië vir die verspreiding van Wahhabism, finansiering van Imans en die bou van moskees.

ISIS is grootliks gevorm deur Sunni’s.

Dalk is dit die andwoord.

Chrisjan ·

Lees gerus “Son of Hamas” deur Mosab Hassan Yousef. Dit is skokkend hoe die Moslems bereid is om hul eie mense/geloofsgenote te ”offer” sonder enige gewetenswroegings. Kyk ook hoe Yousef die spul op hul plek sit in die Verenigde Nasies (UN Watch) en dit duidelik stel dat hulle hul eie mense vermoor/laat vermoor sonder om twee keer te dink.
Vir ons gewone SAners is dit ondenkbaar – vir hulle is dit deel van hul wese en menswees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.