Drie sterf in botsing buite Hibberdene

Die toneel op die N2 buite Hibberdene. (Foto: Netcare 911)

’n Trompop botsing op die N2 naby Hibberdene aan die Natalse Suidkus het Sondagaand die lewe van drie mense geëis en ses ander ernstig beseer gelaat.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die nooddiens is teen 23:15 ontbied nadat ’n ligte afleweringsvoertuig en ’n motor reg van voor gebots het. Verskeie pasiënte het by paramedici se aankoms op die ongelukstoneel verspreid oor die snelweg gelê.

“Drie mense is op die toneel dood verklaar. Drie mense is in ’n kritieke toestand aangetref terwyl nóg drie ernstige beserings tydens die botsings opgedoen het.”

Herbst sê die beseerdes is almal op die toneel deur paramedici van private en staatsambulansdienste gestabiliseer voordat hulle vir verdere mediese behandeling na hospitale geneem is.

Die toneel op die N2 buite Hibberdene. (Foto: Netcare 911)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Natalie ·

Daar is nou 4 wat oorlede is.. n 11 jarige het ook omgekom..

Swerwer ·

Deesdae te bang om die lang pad aan te durf, weet nooit meer of jy lewendig anderkant gaan uitkom of terugkom met hierdie hoë ongeluksyfers nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.