Drie sterf in botsing met noodvoertuie

Argieffoto

Argieffoto

Drie mense het Maandagoggend onherkenbaar verkool tussen Tzaneen en Polokwane in Limpopo in ʼn kettingbotsing waarby agt voertuie betrokke was.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die R71 tussen Polokwane en Tzaneen is weens die ongeluk gesluit. “Ons kan bevestig dat drie mense dood is nadat een van die motors wat in die botsing betrokke was, aan die brand geslaan het.”

Ngoepe het gesê een van die motors was voor die kettingbotsing in ʼn ongeluk betrokke. “Die nooddienste het onmiddellik reageer. Terwyl hulle op die toneel besig was, het ʼn ander voertuig teen ʼn baie hoë spoed teen die eerste motor gebots, waarna die kettingbotsing gevolg het.”

Volgens Ngoepe was ambulanse en insleepvoertuie ook in die botsing betrokke. Ngoepe het gesê die polisie is steeds op die toneel en dat die aantal sterftes en beserings sal later bevestig word.

“Ons doen ʼn beroep op motoriste om eerder die Magoebaskloof- of Mooketsi-roetes te gebruik as hulle van Polokwane of Tzaneen af ry,” het Ngoepe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Malinda ·

Hoekom jaag die mense so op ons paaie. Wel as jy soos n padvark wil ry dan moet jy maar vir jou kry net jammer onskuldige mense bly ook in die slag. Ek wil nou weet die wat nou in die kettingbotsing was waar was hul oë en hoekom het hul nie n veilige afstand gehandhaaf nie ek meen dan sou die kettingbotsing vermy kon gewees het. Hou by die spoedgrens en as dit moontlik is ry maar nog bietjie stadiger en hou jou volgafstand!!

Hilet ·

Malinda, soos ek die berig verstaan, het EEN voertuig met n groot spoed in die ongelukstoneel ingejaag. Maw. die voertuie wat hy getref het, (ambulanse en insleepvoertuie, meervoud) was stilstaande. As jy al ooit op so n toneel was waar iemand met n spoed die ongelukstoneel binnejaag, sou jy geweet het dat geen volgafstand in hierdie geval n verskil sou maak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.