Drie sterf in botsing met onklaar vragmotor

Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

Drie mense is Donderdag in die vroeë oggendure dood toe ʼn minibustaxi op die N4 tussen Marloth Park en Komatipoort met ʼn stilstaande vragmotor gebots het.

Moeti Mmusi, woordvoerder van Mpumalanga se departement van veiligheid, sekuriteit en samewerking, sê die ongeluk het omstreeks 05:00 naby Schoonspruit-plaas gebeur. “Daar word vermoed die vragmotor het in die noodbaan gestaan nadat dit gisteraand onklaar geraak het en die taxi het met die vragmotor gebots,” sê Mmusi.

Drie mense is op die toneel dood. Nog drie het matige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem.

Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

“Albei voertuie was in die rigting van Komatipoort op pad en is in Mosambiek geregistreer. Die taxi was vermoedelik van Johannesburg na Maputo op pad.”

Die pad was vanoggend gedeeltelik gesluit terwyl owerhede op die toneel besig was. Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

leser ·

vraag: waarom ry taxi’s nie in ryvlakke nie, hoekom altyd oor die geel lyn wat die NOOD baan uitmerk

Want ek kan ·

Want as daar ‘n reel is om te breek gaan dit gedoen word. geen respek, maniere of morele waardes om by reels en regulasies te bly nie .. en dit is hoekom dit gaan soos dit gaan

Henk ·

Nou hoe staan die trok dan in die noodbaan? Hy kan mos weet dit is die taxi’s se normale bane vir gebruik

Michael ·

Sien Maasdorp ons mense dink aan daardie mense deur hulle swaar tye nou of kruip jy nou in skaamte weg.

Anti evil ·

The greatest trick the devil ever pulled was to make the world believe there is only one of him. It is bad vs. evil. Mense van alle rasse sterf elke dag.Ek stem verseker glad nie saam met Maasdorp se argumente nie..ek verafsku dit. Ons kan glad nie ander rasse se afsterwe vuur nie.Dit sal in die ewigheid nooit ophou nie..oor en weer..Maar party van julle grens so aan Maasdorp se evil neigings..Ek skaam my!!

Cathy ·

Genade so wat van koudhartigheid onder my eie mense het ek nog nooit gesien nie. ons is ALMAL mense …. en die Woord van God se ons moet genade vir mekaar he….

Gideon ·

Ek kan nie glo wat ek hierbo lees nie. Nie n enkele woord van simpatie of meelewing nie. Net sarkastiese en snedige opmerkings. Iemand sal self n “knertsie” drink daarop. Ek het soveel moed geskep vir ons land na die tragedie by Hoërskool Driehoek na soveel meelewing en simpatie wat nog steeds instroom uit alle oorde en van mense van enige kleur. Maar nou bostaande reaksie… Dis ook mense wat dood is en families wat treur en geliefdes moet begrawe. Ek skaam my soms oor die harteloosheid van mense wat dieselfde taal as ek praat en boonop nog roem dat hulle Christene is.

Anti-evil ·

Presies my gevoel. Van die mense wat in die taxi ongeluk gesterf het was dalk simpatiek en saam met die land hartseer oor wat by die skool gebeur het…nou laat een idioot soos Maasdorp ons eie mense net soos hy optree…sad indeed!! :(

Katerina ·

Gideon hierdie land Maak n mens koudhartig. Sorry but it is what it is. En terwyl ek nie mense se dood sal vier nie, en nie spesifiek gelukkig is daaroor nie, laat dit my koud. Cold and indifferent. Ek is nou al suf en sat tot in my diepste siel om gehaat en verguis te word net omdat ek met n wit vel gebore is. Ek is siek en suf tot in my siel dat ek nie behoorlik lief kan wees vir my kleinkinders nie Want hulle sal sekerlik nog hier ge-genocide word,of vermoor gedurende n huisinbraak. Ek is sat tot in my siel om hier Vasgekeer te wees in hierdie helhool patetiese land om te wag om geslag te word oor my velkkeur. So as ek onsimpatiek of snedig voorkom, spyt my waternat..it is what it is!

bosluis ·

Beslis n tragedie en die bestuurder van die taxi was seker moeg. Of dalk het die wiel op daai stadium gebars en hy het beheer verloor.
Die feit van die saak is wel dat die vragmotor NIE in die pad was van enige verkeer nie.

Piet Pompies ·

Sensuur en vryheid van spraak, ek lees die blad se inhoud elke dag en lewer volgens my objektiewe insette deur middle van kommentaar. Van tyd tot tyd word my kommentaar glad nie geplaas en ander kere sommer gou op die blad. Ek kry die idee dat dit afhang van watse persoon die plasings toelaat, die reel is nie konstant.
Vandag ontvan ek ‘n oproep van Maroela media af en word gepols omdat ek ‘n goeie leser is…. spesifiek het dit gegaan oor die bestaan van Afrikaan en vryheid van spraak.. Solidariteit waarvan ek ‘n lid is se naam is ook genoem.
Teen die einde het dit gegaan oor die toekoms van Maroela Media en bydrae wat lesers kan lewer deur ‘n debiet order.
Ek het tyd gevra om oor die saak te dink en besef, hoekom gaan ek ‘n instansie ondersteun wat sensuur toepas. Sensuur is sleg vir die groei van ‘n land, deur keuses en opinies van mense te ontneem is nie goed.
Ek wil afsluit deur te se dat my kommentaar in lyn is met die reels en word gewysig, my bydrae is nie welkom en so is my finansiele ondersteuning ook.

Gideon ·

Nee Katerina, dit is jou keuse om so vol haat en rassisme te wees. Dit is jou keuse om as rolmodel mense te kies wat vol haat en bitterheid is. Niemand kan jou dwing om so te wees nie. Nog minder kan iemand jou verhinder om vir jou kleinkinders lief te wees nie. Niemand hoef n slaaf te wees van iemand anders se optrede. As dit nie so was nie het ons almal jou gesindheid gehad. Mens kies om positief te wees, lief te wees vir ander, om te gee en te vergewe. Sterkte vir jou.

Katerina ·

Ek is nie die rassistiese een nie en ek haat niemand nie. Maar ek word gehaat omdat ek bloot bestaan as witmens. Om dit te noem maak nie van my n rassis nie. En ek is lief vir my kleinkinders maar ek hou n deel van my hart terug want as hulle vermoor word moet ek nog steeds by my wysie wees en sterk wees vir die lede van my familie wat oorbly. Maar ek kan Nie positief wees oor n toekoms in hierdie land nie. Ek is bly vir jou as Jy kan maar ek kan nie. Sterkte vir jou ook.

Boetie ·

Ek vra ook wat soek di taxi in di geel kantlyn,waarvoor is di noodbaan daar,of is dit deesdae net vir di taxi’s gealocate,sover my kennis strek toe ek jare terug gegaan het vir my bestuurs lesensie is daar gese en ek geleer het dat di noodbaan daar is vir nood gebeure en ni vir taxi’s om daar te ry ni,of het di nuwe pad wet verander,nee ek keur ook ni di dood van onskuldiges goed ni maar ek dink dat di regering rerig moet ingryp en veral hierdie taxi drywers elke 6e maand hulle moet laat gaan om sy bestuurslesensie oor te gaan laat skryf want dis hkm daar 90% van di pad ongelukke en sterftes deur taxi’s veroorsaak word

anton ·

Daar is baie baie mense wat soos jy voel Katerina glo my en ek is ook een van hulle!!!
Tog so tragies dat daar wraggies nog mense is wat dit nie kan/wil verstaan nie!!!

annie ·

Mag daardie oorledenes se familie deur Engele getroos word. Mag hulle ondersteun word deur almal wat naaste aan hul is en hul kan bystaan. En sterkte aan die beseerdes en hulle families.

bgj van der westhuizen ·

mense julle is n afrika en n afrika beteking n lewe min en taxi oprateurs beteking lewens nom minder so lank hulle net kan geld maak gou die mense weg wat en dan kan ek nog mense weg wat dit is dalk tyd dat daar gekyk word om meer mense per spoor te vervoer en spoor lynne te sit waar nodig is as daar minder taxi op die pad is sal daar minder mense dood gaan wand as daar mooi gekyk word in baie geval is n taxi betrokke

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.