Drie sterf in botsing naby Malelane

Argieffoto

Argieffoto

Drie mans is dood en twee ander is beseer nadat twee voertuie Sondagaand op die R510-pad naby Malelane in Mpumalanga gebots het.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het Maandag gesê die drie mans in een van die voertuie was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Die twee mans in die ander voertuig het die botsing oorleef. Brandweerbeamptes moes hulle uit die wrak van hul voertuig sny,” het Meiring gesê.

Die oorlewendes het matige beserings aan hul bors en bene opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling en waarneming.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.