Drie mense is Saterdagaand dood en twee ander beseer toe ’n bakkie en ʼn Toyota Fortuner glo reg van voor op die N1 noord naby die Vanderbijlpark-afrit in Gauteng gebots het.
Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê die nooddienste het omstreeks 20:15 op die ongelukstoneel aangekom. ’n Man, vermoedelik in sy 40’s, was by hul aankoms in die wrak van die bakkie vasgekeer terwyl ’n man en vrou, vermoedelik in hul laat 20’s of vroeë 30’s, in die wrak van die Fortuner vasgekeer was.
Al drie is deur die paramedici dood verklaar.
Nog ’n man en vrou, ook insittendes van die Fortuner, het ligte beserings in die botsing opgedoen. Albei is op die toneel behandel voordat hulle na die Sebokeng-hospitaal in Vanderbijlpark vervoer is vir verdere mediese behandeling.
Die plaaslike owerhede was gisteraand op die toneel om ondersoek in te stel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
NOG n kop-aan-kop botsing…. Pad reëls geld nie meer nie… En die uitkoms altyd n tragedie wat kon verhoed gewees het as bestuurders hulle pad reëls en regulasies gehoorsaam…
nee MM ek wil nie kommentaar lewer nie,ek wil graag n versoek lewer.is dit nie moontlik om die skrif op n donker oppervlak met wit skrif aan te bied so dat dit makliker leesbaar is.hierdie vaal swart skrif is somtyds n foefie om te lees asb