Drie sterf in botsing  

Foto: ER24

Drie mense is Sondag in ʼn botsing op Hendrik Potgieterweg in Roodepoort, Gauteng, dood.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER, het die botsing naby 14de Laan plaasgevind. “By ons paramedici se aankoms op die toneel het hulle ʼn erg beskadigde BMW aangetref. Drie mans het noodlottige beserings opgedoen.”

ER24 het die naweek ook verskeie ander ongelukstonele besoek. ʼn Motor het Sondagoggend op die N14 in Brandvlei gerol en een persoon is dood en vyf beseer.

In ʼn ander voorval is ʼn voetganger dood in ʼn tref-en-trap-ongeluk in Krugersdorp. “Nog ʼn voetganger is ernstig beseer in ʼn ongeluk in Vereeniging.”

Vermaak het gesê nege mense is intussen ook in twee afsonderlike botsings beseer. Ses mense is beseer in ʼn botsing tussen drie voertuie in Robert Broomweg in Krugersdorp. Drie mense is beseer toe die voertuig waarin hulle gereis het teen ʼn vragmotor gebots het op N1-Noord naby Soweto.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.