Drie sterf in Carletonville-botsing

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Drie mense is dood en drie beseer in ʼn botsing tussen twee motors op die R501 buite Carletonville in die weste van Gauteng.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê albei motors het omgeslaan ná die botsing. Die liggame van twee mans en ʼn vrou het sowat 15 m van een van die motors gelê. Hulle is tydens die botsing uit die motor geslinger en is op die toneel dood verklaar.

Volgens Meiring het die drie insittendes van die ander motor matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voordat hulle na die Carletonville-hospitaal vervoer is vir verdere mediese sorg.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

V ·

Wat gaan die laaste ruk.Kan mense nie meer bestuur nie.Elke week is daar net ongelukke.

tina ·

V, ek sou eerder se dat ‘n mens moet kyk na die oorsaak van ongelukke…in hierdie bedeling waarin ons lewe, kan daar ‘n hele paar redes voor wees. Onder andere lisensies wat uitgereik word…ons weet hoe omkoopbaar sommige bestuurs- beamptes is. Daar is ook faktore soos roekeloosheid en swak oordeelsvermoe..en so kan ‘n mens aangaan. Jy waag jou lewe elke dag, as jy jou kop by die deur uitsteek om iewers heen te gaan, wat nog te se as jy nie vir moeilikheid soek, maar dit kom soek jou. Elke dag in hierdie Suid-Afrika, is ‘n dag van oorlewing. Daarom bid ek maar vir die beskerming van die Here – waarheen ek ry en of ek by die huis bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.