Drie sterf in Centurion-ongeluk

Argieffoto: @WCHEMS/Twitter

Drie persone is Sondagoggend dood tydens ʼn ongeluk op die N1 by die Bothalaan-afrit in Centurion.

“Drie persone het buite die motor op die gras gelê toe paramedici omstreeks 05:00 by die toneel opgedaag het,” het Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, gesê. “Hulle is vermoedelik tydens die ongeluk uit die motor geslinger. Twee van dié persone het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die derde persoon, wat buite die motor gelê het, het ernstige beserings opgedoen en hy is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

ʼn Persoon, wat steeds in die wrak van die motor vasgekeer was, het ook noodlottige beserings opgedoen en is ook op die toneel dood verklaar.

Daar was nie ʼn ander voertuig by die ongeluk betrokke nie.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

LÍEWE GENADE,TOG! ·

SJOE,DIS ONBESKRYFLIK HARTSEER, ONGEAG DIE REDE OOKAL DAARAGTER….?? om nie te praat vani vele hartseer agtergeblewenes ?

Cherokee ·

Het ook daaraan gedink maar daar was een in die wrak vasgekeer.

Gerda ·

Sjoe is erg. My tni en ha dogter het verlede jaar 31 Des ook amper op dieselfde plek verongeluk.

Kenneth Jansen van Vuuren ·

Truly very very sad, my thoughts are with the family members who must now cope with the loss of their loved ones. My prayers are with all concerned, hope the injured person pulls through. We try guide our children on being responsible, often to no avail, truly very very sad. God bless, Ken.

Linda ·

As ek reg onthou het Bloubul rugbyspeler, Ettienne Botha in 2005 ook daar verongeluk. Sterkte aan die naasbestaandes en vriende.

Alwyna ·

Jy is reg Linda! Dis so tragies. Gaan na n wedstryd en weet nie of jy weer terugkom nie.

Janie Cronje ·

Die 1 jongman wat oorlede is het n veiligheidsgordel aangehad…

Thomas ·

Ek verstaan dat dit nie ‘n waarborg is nie. Maar soos Arrive Alive adverteer “Very seldom do we have to unbuckle a dead person after a crash – Paramedic.” Dit kan nie weggepraat word nie.

Rita Burgers ·

Rita: Moenie oordeel voor die feite nie op die tafel is nie. Families het nou die vrede, liefde en troos wat alle verstand te bowe gaan, van ons Hemelse Veder nodig en bystand sonder kritiek van die hele gemeenskap. Geen ouer is ooit weer dieselfde na so ñ groot verlies nie! Liefde!

Jonathan ·

Baie hartseer. Die probleem op die stuk pad is voetgangers wat die snelweg oorsteek. Dalk die rede hoekom daar dikwels net een voertuig betrokke is

HESTER NEL ·

Sitplekgorderls het niks te doen met die feit of jy gaan lewe of dood gaan wanneer jy in ‘n ongeluk is nie. Partykeer red die sitplekgorder maar daar is tye wat die sitplekgordel die rede is dat mense sterf in ‘n ongeluk. As dit jou tyd is dan is dit jou tyd of jy nou honderd sitplekgorderls aanhet of niks. Ek weet van gevalle waar persone oorlede is as gevolg van die sitplekgordel. Ek dink dit is jou keuse as persoon of jy die sitplekgordel wil gebruik of nie.

Lee ·

Innige simpatie aan al die families van die oorledendes. Dis verskriklik hartseer. God sal julle vashou in die moeilike tyd. Ongelukkig gaan die seer nooit weg vir ‘n ouer wat ‘n kind verloor nie. Baie sterkte. Rus Sag julle drie xxx

Engela ·

Die dra van ‘n sitplekgordel is nie jou keuse as jy wetsgehoorsaam wil wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.