Drie sterf in gru-botsing buite Villiers

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

Drie mense is Maandagmiddag dood en twee beseer in ʼn botsing op die N3 naby die Wilgeplaza buite Villiers in die Vrystaat.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê twee motors het reg van voor gebots waarna nog twee motors teen die ander motors gebots het. Volgens Steinmann het een van die voertuie omgeslaan.

Twee mans en ‘n vrou is in die botsing dood. Twee mense is beseer, waaronder een kritiek. Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.

Die verkeer is erg ontwrig weens die botsing. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Peet Schabort ·

‘n Duidelike gemerkte pad. Hierdie is ‘my twee bane’ en daardie is ‘jou twee bane’. Alweer ‘n trompop-, reg-van-voor- of kop-teen-kop botsing, net wat jy dit wil noem, die resultaat is uiters tragies en hou nie by die botsing op nie.
Geagte Minister van Vervoer, daar is een helse groot fout, nie met voertuie maar met DAARDIE EEN AGTER die STUUR. Die gesindheid teenoor mede padgebruikers deur sommige motoriste bestaan nie. Daar sal daadwerklik ‘n oplossing hiervoor gevind moet word. Kameras in privaat voertuie en ‘n sentrale punt om hierdie oortredings se foto’s te stuur behoort ‘n goeie begin te wees. Nou is dit egter ook so dat verkeersmense ook verdwyn het op paaie en net hierdie tye te sien is. Waar is hulle ander tye? Kan iemand my antwoord?

R D ·

Ek was in die verkeer van daai ongeluk gister. N normale 8 ure van Durban na JHB was toe 11 ure op die ou einde. En dit was nie die enigste ongeluk nie, so 15 km voor die obgeluks toneel het n bus en n BMW kop aan kop gebots en nie ver voor dit was n voetganger vermoedelik deur n trok getref. Ek was baie beindruk met die pad verkeer beamptes wat die heeltyd sigbaar was, wat gestop het om mense te help wat se motors gebreek of oor verhit het langs die pad, wat die verkeer geriguleer het by die ongelukstonele. Ek dink dit was n ongelooflike lang dag vir daai beamptes ook gewees gister en baie grusame aangesigte gesien. Ons sal nou nie praat van die parmantige taxi drywers en simpel trok drywers nie. Hulle besef nue watse amok hulle op die pad maaknie.

V ·

Dit is omdat mense altyd wil jaag en nie n duiwel omgee oor die ander persoon nie.Insluitend trokdrywers,taxi’s en motoriste.My vraag is waar is julle konsentrasie as jy op die pad bestuur??!Dit wil voorkom asof sulke mense nie bestuursvernuf het nie.

Maronel ·

Ek gee nie die bestuurders van trokke die skuld nie. Hulle kan en mag nie vinnig ry nie. En die mense agter hulle raak ongeduldig en dit is waar die probleme begin…. Daardie ”over taking”

Peet Schabort ·

Jy’s hiermee reg Maronel, daar is mos hierdie padvarke wat heel agter in die tou is wat EERSTE verbyneuk. Nou maak hy/sy dit nie en druk dan tussen die ander voertuie in wat op sy beurt ‘n kettingreaksie van remtrap veroorsaak. Daarom sê ek dat motoriste moet foto’s neem van hierdie varke wat dan na ‘n sentrale punt gestuur word. Sou hierdie varke nie vervolg kan word kan dit nogtans ‘n geskiedenis opbou van die vark se padgedrag. Kom daar dan ‘n ongeluk dan het hy/sy ‘n geskiedenis afkomstig van verskillende motoriste. Hierdie inligting moet ook beskikbaar gestel word aan assuransiemaatskappye.
Geagte Minister van Vervoer, luister u?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.