Drie sterf in gru-botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

Minstens drie mense is dood en 20 beseer in ʼn botsing tussen drie voertuie op die R82 in Walkerville, suid van Johannesburg.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn bakkie, vervoerwa en minibustaxi was in die botsing betrokke. “Paramedici het drie liggame in die vervoerwa gevind. Die drie mans het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”

Paramedici van ER24 en ander ambulansdienste het minstens 20 pasiënte op die toneel behandel. Drie kritiek beseerde pasiënte, insluitend ʼn sewejarige seun, is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir dringende mediese behandeling.

Die ander pasiënte het matige tot ernstige beserings opgedoen en is behandel voordat hulle per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is. Die pad was lank gesluit weens die botsing. Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Witstreep ·

Ek sien ‘n soliede wit sperstreep waar daar nie ag op geslaan is. Hierdie sperstrepe is nie daar vir ‘mahala’.

Sputnik ·

Ja-nee, ‘n soliede sperstreep is daar vir ‘n doel, maar dan benodig ons ook gesonde verstand! Eish!

Jan maak n Plan ·

Oooo nee Witstreep, kom laat ek jou vertel van n wit streep. Dit is daar om die bou koste van die pad op te jaag, omdat daar te veel verf aangekoop was en vir jou en my. Dit is deesdae die in ding om voertuie verby te steek op n sper streep. Ek sien dit daagliks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.