Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911, het gesê die ongeluk het op die Watson-hoofweg naby Westbrook plaasgevind. ʼn Vierde persoon het ernstige beserings in die ongeluk opgedoen en is na ʼn hospitaal gehaas.
Botha kon nie in hierdie stadium uitbrei oor die oorsaak van die ongeluk nie.
Daar word verneem dat die polisie op die spoor van die vier was toe die ongeluk plaasgevind het, maar kommentaar kom nie onmiddellik by die polisie verkry word nie.