Drie sterf in gru-ongeluk op hoofweg

Foto: ANA

Foto: ANA

Drie mense is dood toe hulle motor teen ʼn boom gebots het in Tongaat in KwaZulu-Natal Vrydagaand.

Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911, het gesê die ongeluk het op die Watson-hoofweg naby Westbrook plaasgevind. ʼn Vierde persoon het ernstige beserings in die ongeluk opgedoen en is na ʼn hospitaal gehaas.

Botha kon nie in hierdie stadium uitbrei oor die oorsaak van die ongeluk nie.

Daar word verneem dat die polisie op die spoor van die vier was toe die ongeluk plaasgevind het, maar kommentaar kom nie onmiddellik by die polisie verkry word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.