Drie sterf in gru-ongeluk op N1

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

Drie mense is Dinsdagoggend dood en sewe beseer in ʼn ongeluk op die N1 naby die Grasmere-tolplaza in Johannesburg.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die bestuurder van ʼn bakkie het glo beheer verloor waarna talle mense van die bakkie af geslinger is.

Volgens Bodasing is drie mense op die toneel dood verklaar. “Hulle het frakture en erge kopbeserings opgedoen. Van die persone het ledemate verloor. Ongelukkig kon paramedici niks vir hulle doen nie.”

Sewe mense is op die toneel behandel voor hulle na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jan ·

Mens hou jou hart vas elkekeer as ‘n berig soos hierdie geplaas word ! Het so baie familie en vriende wat op die pad is die tyd van die jaar, mag God se hand oor hulle wees !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.