Drie sterf in gru-ongeluk op N2

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Drie mense is dood en agt beseer in ʼn gru-ongeluk op die N2 in Durban toe ʼn vragmotor en drie motors Maandagaand gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê dit is nie duidelik hoe die ongeluk plaasgevind het nie, maar wrakstukke was oor ʼn paar honderd meter op die hoofweg versprei. Slegs een baan op die N2 was oop vir verkeer wat vir ure geraak is weens die ongeluk.

“Toe paramedici op die toneel aankom, het hulle gevind twee mans is reeds in die ongeluk dood. ʼn Vragmotorbestuurder het ook ernstige beserings opgedoen en paramedici het alles in hul vermoë gedoen om die man te stabiliseer. Hy is aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel en na ʼn hospitaal in Umhlanga gehaas. Ongelukkig is hy met sy aankoms by die hospitaal dood,” het Botha gesê.

Die ander pasiënte is op die toneel behandel voordat hulle met ambulanse na verskillende hospitale geneem is. Die polisie was op die toneel om die ongeluk te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Theresa ·

Liewe aardetjie tog. Mens kan nie eers sien wat is wat nie. Hoe aaklig……………. Spoedige herstel aan die beseerdes. So jammer vir die lewensverlies (weereens).

Peet Schabort ·

Weereens ‘n ontsettende toneel van verwronge stukke metaal met iewers tussenin menseliggame. Eintlik is net die skouer van die pad oop.
Jammer dat daar bykans nooit terugvoering is van wat aanleiding gegee het tot hierdie ‘ongelukke’.
Dit laat my twyfel of daar altyd grondig ondersoek ingestel word wat aanleiding gegee het tot hierdie ‘ongelukke’.
Help my reg indien my aanname verkeerd is.

Wonder maar net ·

Dan wil hulle kyk na alkohol misbruik …. plaas kyk hulle na die gejaag en onverantwoordelike bestuur van taxi drywers en trokke op die paaie……

Landie ·

Kyk net hoeveel ongelukke is op daardie paaie waarin trokke betrokke is. HOEKOM word ons spoornetwerk nie gebruik nie. Daar is GEEN rede waarom nuwe karre, brandstof, ens op die paaie vervoer moet word nie!! Ek kan verstaan dat bederfbare goedere vervoer moet word sodat dit vinnig by bestemmings kom. Maar regtig, haal hierdie swaar voertuie van ons paaie af!!!!

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Landie my ding ek wens dit was so maklik ons sou dit almal so wou he ,maar dit werk nie so nie .Die ou treine is stadig dan is die nuwes nog te hoog om sekere roetes te ry dis net ene gote probeeme .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.