Drie mense is dood en ses beseer toe twee voertuie Saterdagoggend op die R558 in Sebokeng in die suide van Gauteng reg van voor gebots het.
Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die wrakstukke van albei motors het oor die hoofweg versprei gelê.
Meiring sê ʼn vrou en ʼn tweejarige seun se liggame was in die een voertuig vasgekeer. Hulle was reeds dood. ʼn Derde slagoffer wat in die ander motor gereis het, volgens Meiring ʼn man, het ook aan sy beserings beswyk. Volgens hom is meganiese toerusting gebruik om die liggame uit die motorwrakke te sny.
Meiring sê die ses beseerdes, onder wie ʼn jong kind wat kritieke beserings opgedoen het, is met lewensondersteunende middels behandel. “Die kind is per helikopter na ʼn hospitaal geneem en die ander vyf is per ambulans na ʼn hospitaal gehaas”.
Hy sê ʼn ander kind, wat nié ingereken is by ER24 se aantal beseerdes nie, is voor die nooddienste se aankoms op die toneel na ʼn hospitaal geneem.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.
Ons kyk waar ons ry maar ons ry nie waar ons kyk nie
Ek dink die rol wat “potholes” speel in ongelukke op SA paaie word heeltemal geignoreer
Dink meer mentaliteit word geigroneer. As jy stadig ry sal n pothole nie veel doen nie. Daar is sekere wat hul karre vol spoed oor blinde hoogtes ry en verwag mense van voor moet net uitswaai.
Onveilige, en onwettige verbysteek! Sien dit elke dag op die pad!
Die padreëls is só eenvoudig dat tot selfs ek dit verstaan. Die groot probleem is spoed en geduld. Die grootste is egter alkohol wat 60% uitmaak van alle ongelukke, voetgangers ingesluit. So die volwasse bottelbabas moet maar wegbly agter die stuur maar hoe sê jy dit vir hulle?
As elke kar n padkamera in het, sal mens die skuldige en oorsaak van ongeluk kan bepaal. Goeie belegging.
That Audi over took me at such a speed, just seconds before the accident. When I approached the accident scene and realized its the same Audi I got goosebumps all the way down my spine. People dont realize that speed kills! Regardless what car you drive!
Spoed n Groot oorsaak van baie ongelukke. Ek ry vreeslik baie vir my werk en dit lyk vir my deesdae is dit normaal om 140km en vinneger te ry. Ek ry nooit meer as 120km nie
Mense wil nie leer nie
Die ongeluk is baie tragies. Sterkte aan die familie
Spoed is wel die oorsaak van baie padongelukke, MAAR did nie ALTYD hoë spoed wat die oorsaak is nie, dis BESLIS LAE SPOED!!! Ai, en HULLE ry @ 20, 30 & 40 km/h, OBSTRUKSIE VAN VERKEER, wat veroorsaak dat mense verbysteek wanneer dit veilig lyk, maar nie regtig is nie.
Mense bestuur eenvoudig roekeloos.Almal glo mos dit sal nie met my gebeur nie,tot dit gebeur.
Ek sien ‘n BMW en ñ kar so groot soos ‘n Audi A3. Ek ‘n Ma en seuntjie in die een kar en in die ander kar minstens 8 persone – 1 dood, 6 beseer en ñ kind wat vooraf hospitaal toe geneem is wat nie onder die beseerdes bygereken is nie.