Drie sterf in huishoudelike geskil

Argieffoto

Argieffoto

Drie mense is Sondag in KwaZulu-Natal tydens ʼn beweerde huishoudelike geskil doodgeskiet.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 14:40 in Inanda, noord van Durban, plaasgevind.

“Na wat verneem word het vier mense by ʼn huis opgedaag om linne te gaan haal,” het Zwane gesê. “Dit wil voorkom of daar ʼn huishoudelike geskil ontstaan het. Die 45-jarige huiseienaar het sy geregistreerde vuurwapen gaan haal en drie van die vier mense doodgeskiet.”

Een persoon is in ʼn motor doodgeskiet, een in die huis en een in ʼn buurman se huis. Die vierde persoon kon daarin slaag om ongedeerd te ontsnap.

Die verdagte het ná die skietery van die toneel gevlug en is later in hegtenis geneem. Die polisie het op sy vuurwapen beslag gelê. Dit is vir ballistiese toetse gestuur om vas te stel of dit met die skietery verbind kan word.

Die man moet binnekort in die Ntuzuma-landdroshof verskyn op drie aanklagte van moord.

Die oorledenes is Siphokuhle Molefe (55), sy vrou, Zandile (48), en Nompumelelo Ndwandwe (45).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann Marx ·

En nou gaan die hele wêreld weer skree vir ‘n “gun free Souf Efrika”!! Dis nie die vuurwapen wat die mense gedood het nie, dis die persoon wat dit hanteer het…..Daar is ‘n Universele Paradoks wat lui: Jy’s altyd vry om te kies, maar jy is nooit vry van die gevolge van jou keuses nie. Die gevolge van hierdie skieter se keuse moes galg gewees het……maar die regering het anders besluit. Nou gaan hy die belastingbetaler R140/dag vir 25 jaar kos……en NIKS daarvoor terug gee nie. Hoekom is dit aanvaarbaar?

Winston ·

Presies net so Johann. Vuurwapenlisensies word ook deesdae uitgereik soos aanstellings in die SAPD. Geen agtergrond navorsing nie. As die wapen lisesieer was?

Christie Joubert ·

Geen kommentaar. Maroela sensor weer iets vreesliks. Doet so voort en ek loop soek vir my nuus op n ander plek!

Sune van Heerden ·

Dagsê Christie

Het jy op hierdie berig kommentaar gelewer waarna jy op soek is? Ek kan nie sien dat ons enige van jou kommentaar op hierdie berig afgekeur het nie.
Kontak my gerus by [email protected] indien jy wel kommentaar gelewer het – daar moes dan ‘n tegniese fout ingesluip het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Violet ·

Wonder hoekom val sekere mense vir sun’e aan . As jy op n ander plek kan nuus kry doen dit . Niemand dwing jou om hierdie nuus te lees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.