Drie sterf in Jhb-botsing

Argieffoto

Argieffoto

Drie mense is dood nadat ʼn motor teen ʼn lamppaal gebots en aan die brand geraak het op die N1 naby Devland, Johannesburg.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, sê die ongeluk het omstreeks 22:00 Saterdagaand plaasgevind. “Die bestuurder en een van die passasiers het onherkenbaar verkool.” Mulaudzi sê nog ʼn passasier is ʼn paar meter weg van die wrak af dood gevind. Hy is glo uit die motor geslinger nadat die bestuurder beheer oor die motor verloor het. “Ons wil motoriste vra om versigtig te wees en by die voorgeskrewe spoedgrens te hou ten einde gruwelike ongelukke soos die een wat ons gesien het, te vermy.” Mulaudzi sê die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.