Drie sterf in JHB-botsing

Argieffoto

Argieffoto

Drie mense is Donderdagmiddag dood toe ʼn motor en ʼn minibustaxi mekaar reg van voor in Amalgam, Johannesburg, getref het.

Santie Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het in Nasrecweg naby Mainreefweg plaasgevind. “ʼn Man en twee vroue was in die motor. Hulle was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Steinmann gesê. “Die brandweer moes al drie mense se liggame uit die wrak sny.”

Tien mense in die minibustaxi het matige tot ernstige beserings opgedoen. Een persoon was in die voertuig vasgekeer, en moes ook deur die brandweer uitgesny word. Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.