Drie sterf in Krugersdorp-botsing

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

Drie mans is Donderdagaand dood en een is kritiek beseer nadat hul BMW ʼn boom in Krugersdorp, Gauteng, getref het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 20:30 op die M13-pad plaasgevind.

“Die mans was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Steinmann gesê. “ʼn Vierde man is in ʼn kritieke toestand aangetref. Hy is tydens die botsing uit die voertuig geslinger.”

Die beseerde man is met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.