Drie mense is Dinsdag dood en ʼn 12-jarige meisie kritiek beseer tydens ʼn ongeluk op die R103-pad tussen Ladysmith en Colenso in KwaZulu-Natal.
“Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor,” het Robert McKenzie, ʼn woordvoerder van die provinsie se nooddienste, gesê. “Die voertuig het die pad verlaat en in ʼn klein kloof beland.”
Die drie mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die kind is op die toneel gestabiliseer en na ʼn hospitaal in Ladysmith geneem vir verdere behandeling.