Drie sterf in KZN-botsing

Argieffoto

Argieffoto

Drie mense is dood en 10 is beseer na drie voertuie in Newcastle, KwaZulu-Natal in ‘n botsing betrokke was.

Werner Vermaak , woordvoerder van ER24, sê ‘n motor, ‘n bakkie en ‘n minibustaxi was Woensdag in ‘n botsing in Asiphepheweg betrokke.

Vermaak sê twee passasiers moes met meganiese toerusting uit die voertuie verwyder word. Hulle is kritiek beseer.

Vermaak sê al die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.