Drie sterf in KZN-botsing

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

Drie mense is dood en vier beseer nadat twee voortuie Vrydagoggend in KwaZulu-Natal se Noordkus gebots het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het omstreeks 06:00 op die P459-pad naby Isithebe plaasgevind. “Die voertuie het mekaar reg van voor getref,” het Botha gesê.

Al die slagoffers was in die voertuie vasgekeer en moes deur die brandweer uit die wrakke gesny word, terwyl paramedici hulle in die wrakke behandel het. “Twee mense is op slag dood, drie het kritieke beserings opgedoen en twee mense is ernstig beseer,” het hy bygevoeg.

Een van die kritiekbeseerde mense se toestand het versleg en is ook op die toneel dood. Die res van die beseerdes is na verskeie nabygeleë hospitale in die gebied geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.