Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die vragmotorbestuurder het glo ʼn voetganger raakgery op die R510, sowat 2km van Northam, waarna die vragmotor reg van voor teen die motor gebots het.
Paramedici van Netcare 911 en die provinsiale nooddienste is na die toneel ontbied. Volgens Mathe is die voetganger, die bestuurder van die motor en ʼn passasier wat agter in die motor gesit het, in die botsing dood.
Die bestuurder se liggaam moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Die passasier wat voor gesit het, was ook in die wrak vasgekeer en het beserings opgedoen. Nog twee mense is ook in die botsing beseer. Die vragmotorbestuurder is ongedeerd.
Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Heelwat voetgangers is arrogant en loop op die ryvlak of drentel oor die pad in afrikatyd.
Dis mos die bestuurder van ‘n voertuig se plig om om hulle te ry.