Drie sterf in Limpopo-botsing

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

Drie mense, waaronder ʼn voetganger, is Donderdagoggend dood in ʼn botsing tussen ʼn vragmotor en ʼn motor buite Northam in Limpopo.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die vragmotorbestuurder het glo ʼn voetganger raakgery op die R510, sowat 2km van Northam, waarna die vragmotor reg van voor teen die motor gebots het.

Paramedici van Netcare 911 en die provinsiale nooddienste is na die toneel ontbied. Volgens Mathe is die voetganger, die bestuurder van die motor en ʼn passasier wat agter in die motor gesit het, in die botsing dood.

Die bestuurder se liggaam moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Die passasier wat voor gesit het, was ook in die wrak vasgekeer en het beserings opgedoen. Nog twee mense is ook in die botsing beseer. Die vragmotorbestuurder is ongedeerd.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wat-ek-lees ·

Heelwat voetgangers is arrogant en loop op die ryvlak of drentel oor die pad in afrikatyd.
Dis mos die bestuurder van ‘n voertuig se plig om om hulle te ry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.