Drie sterf in Mpuma-ongeluk

Argieffoto: ER24

Drie persone is dood en drie beseer tydens ʼn trompop botsing tussen twee motors op die R555 Stoffberg-pad, ongeveer 40 km buite Middelburg in Mpumalanga.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is Saterdagoggend omstreeks 08:30 na die toneel ontbied. “Twee mans en ʼn vrou was in een van die motors. Al drie het aan hul beserings beswyk en hulle is op die toneel dood verklaar.”

Drie persone in die ander motor het geringe tot matige beserings opgedoen. “Hulle is op die toneel behandel en daarna na nabygeleë hospitale geneem.” het Meiring bygevoeg.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Phil ·

Die oorsaak van enige trompop botsing = twee voertuie in dieselfde baan in teenoorgestelde rigtings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.