Drie sterf in N2-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Drie mense is dood nadat die motor waarin hulle gery het Vrydagaand op die N2 naby Grahamstad in die Oos-Kaap omgeslaan het.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het gesê een van die motor se bande het glo gebars waarna die motor omgeslaan het. Daar was agt insittendes in die motor.

Volgens Govender was die motor op pad van Peddie na Port Elizabeth. Die drie slagoffers was almal glo in hul 30’s. Die ander vyf insittendes is ernstig beseer in die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.