Drie sterf in Nelspruit-botsing

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

Drie mense is dood en sewe ernstig beseer in ʼn trompop-botsing Sondag naby  Nelspruit, Mpumalanga.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het die botsing op die N4 plaasgevind.

“ʼn Bakkie en ʼn motor het mekaar reg van voor getref. Die drie mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Mathe gesê. “Een van die sewe beseerdes het kritieke beserings opgedoen en moes met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem word.”

Ses mense het ernstige beserings opgedoen en is met ambulanse na verskeie hospitale geneem.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.