Drie mense is dood en sewe ernstig beseer in ʼn trompop-botsing Sondag naby Nelspruit, Mpumalanga.
Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het die botsing op die N4 plaasgevind.
“ʼn Bakkie en ʼn motor het mekaar reg van voor getref. Die drie mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Mathe gesê. “Een van die sewe beseerdes het kritieke beserings opgedoen en moes met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem word.”
Ses mense het ernstige beserings opgedoen en is met ambulanse na verskeie hospitale geneem.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Seker weer oorlaai !!!