Drie sterf in Noordwes-botsing

Een van die motors se wrakke. Foto: Verskaf

Drie mense is Maandagoggend in ʼn botsing op die N4-snelweg buite Kroondal in Noordwes dood.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê twee voertuie het mekaar teen middernag getref, waarna een aan die brand geslaan het.

“By paramedici se aankoms op die toneel is albei voertuie se wrakke aan die kant van die pad aangetref. Die een voertuig was steeds aan die brand en die bestuurder daarin vasgekeer,” het Meiring gesê.

“ʼn Man se liggaam is buite die ander voertuig aangetref en ʼn vrou was binne dié wrak vasgekeer.”

Die brandweer het die brand geblus, waarna die man ondersoek is. “Hy het noodlottige brandwonde opgedoen. Ongelukkig kon daar niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die man en vrou van die ander voertuig is ook op die toneel dood verklaar.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.