Drie sterf in ongeluk in wildtuin

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Drie mense is dood en talle beseer nadat ’n taxi tussen Shingwedzi en Mopani in die noorde van die wildtuin omgeslaan het.

Volgens SANParke was die mense in die taxi dagbesoekers. “Die voorlopige ondersoek dui daarop dat geen ander motors in die ongeluk betrokke was nie, maar die polisie ondersoek die voorval.”

SANParke het gesê ooggetuies het glo gesien hoe die taxi die pad verlaat en omslaan. “Twee mense is op die toneel dood terwyl ʼn derde insittende op pad hospitaal toe dood is. Talle passasiers is op die toneel vir ligte beserings behandel terwyl diegene wat ernstige beserings opgedoen het met ambulanse na nabygeleë hospitale vervoer is.”

Glenn Phillips, besturende hoof van die wildtuin, het sy medelye met die oorledenes se families betuig. “Ons het onmiddellik ambulanse en mediese personeel van Phalaborwa en Malamulele ontbied toe ons van die ongeluk gehoor het.”

Volgens Phillips probeer die polisie vasstel wat presies gebeur het. “Ons doen ʼn beroep op mense om nie te probeer bespiegel oor wat gebeur het nie.” Die oorledenes se name is nog nie bekend gemaak nie aangesien al hul naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Ekwilibrium ·

Die maksimum spoedperk in die Wildtuin is 50 km/u. Daardie stuk pad word gebruik as ‘n alternatief vir die roete deur die oorbevolkte gebied tussen Giyani en Thohoyandou. Ek het al karre daar sien jaag teen maklik 140 km/u. Net nóg ‘n voorbeeld van selfsugtige vergryping…

Ek sê maar net... ·

Die bestuur van dir KNP sal die probleem moet aanspreek. Dalk reëls instel dat dagbesoekers by dieselfde hek moet uitgaan as waar hul ingekom het. As mense wil deurry, moet hul ten minste een aand oorslaap.

Wat-ek-lees ·

Natuurlik gaan ek nie bespiegel MAAR . . .
Gaan kyk na “Arrive Alive” en sien hoeveel taxis is in ongelukke betrokke.
In bykans 56 jaar agter die stuur was ek nog nie in ‘n ongeluk en het ek dus ook nie ‘n omvalvoertuig bestuur of besit. Seker maar net genade of ?
Sterkte aan die slagoffers en naasbestaandes.

Loon ·

Spoed en seker drank ook…
Jammer nie simpatie, want so kon daardie taxi n onskuldige dier raakgery het, die spoed is slegs 50km p/h….met n doel!

Rooijan ·

Komaan mnr Phillips ń blinde mens sonder ń stok kan “sien” dat hierdie taxi vol “dagbesoekers” baie vinniger as die spoedgrens vir daardie pad moes gery het. As dit waar is dat die wildtuin gebruik word as kortpad/alternatief vir ander paaie dan is dit ń skande dat jy dit toelaat. Ek wonder hoeveel diere word dood gery deur hierdie kansvatters.

Ekwilibrium ·

Baie. ‘n Ruk terug was ek op daardie einste pad toe ‘n olifant sodanig beseer was deur ‘n taxi dat hy geskiet moes word.

MCS ·

As gereelde besoeker aan die wildtuin, is dit altyd duidelik dat hulle nie daar is om wild tebesigtig! Hulle jaag of die duiwel agter hulle is en vat kanse om verby testeek en stop enige plek en verlig hulself langs die pad! Elke park reel word verbreek! So ja , ons almal wat lief is vir die park weet wat het gebeur ! Soos oral in Suid Afrika maak sekere mense nes hul wil!

Ekwilibrium ·

Die tentakels van verrotting sal oral ingewurm word… Met elke besoek aan die Wildtuin deesdae is daar gevalle wat ‘n wrang smaak los.

Apie ·

Leer die diere in die park om die pad liewer nie te gebruik nie..

Kellies ·

Wat die berig nie se nie is dat dit n 10 sitplek taxi was en daar was 18 passasiers in. (Ek weet!! My seun was op die toneel) Die vraag is ook hoe het die wildtuin hek die oorlaaide voertuig toegelaat???

ou tannie ·

Hulle het dalk n paar familielede langs die pad opgelaai…..

Nico K ·

Word taxis toegelaat in die wildtuin? Of is dit mense wat deur ry Mosambiek toe?

Bosvelder G ·

Ek was twee weke gelede in Kruger. Motors ry by dienshek in op Phalaborwa klaarblyklik as n reel, sonder dat hulle die ontvangs/ kantoor binnegaan. Net paar kilometer verder kom die bottels en papiere by die ruite uitgevlieg , dit na refill en verligting op die teer ! Baie meer verkeer wat nie toeriste of admin gekoppel is nie !

Lourens ·

My voertuig is Vrydag-middag van hoek tot kant deursoek (tot my uiterste frustrasie) toe ek by Phalaborwa ingegaan het. Ek het ongeduldig geraak omrede ek WEET ek mag nie vining ry nie en kampe maak 18:00. Ek respekteer dit want dit is die reels van die park. Die volgende dag ry ek by die ongeluk verby, waar drank en spoed ‘n factor was. Hoe werk dit.

Daar is teen my diskrimineer omdat daar Afrikaans op my ingangspermit geskryf was (ek het ‘n kaart in Afrikaans gekoop). Die hekwag het alles probeer om my te frustreer totdat ek my humeur verloor het.

My vraag is nou, waarom word gaan dit so? Wat moet ons doen om regverdigheid vir almal in hierdie land te laat geld. Die persoon wie se voertuig wel deursoek moes word is deurgelaat en drie mense het met lewens daarvoor geboet. Vir my wat ‘n uitstappie met my gesin wou geniet is daar eindelose frustrasie.

Chris Ws ·

Gelukkig vermy ons die Kruger Wildtuin al vir jare as ons in die Laeveld rondtoer.As dit ek was wat so gefrustreer was sou ek net daar omgedraai het .Die Kruger Wildtuin is LANKAL nie meer die geld werd wat dit kos om in te gaan en daar te eet nie.

Elizabeth ·

‘n Taxi slaan om teen 50kmph? Dit kan net oorlading beteken en hoe het hulle deur die hek gekom? SANPARK moet sorg dat reels by die hekke geld vir ALMAL en nie net vir die gehoorsames nie. Ek weet hulle verkoop beslis nie drank aan dagbesoekers nie want ons is menigmaal terug motor toe om ons bewys te gaan haal. Daar was die behandeling in verskillende kampe dieselfde vir almal. En natuurlik het ‘civilisation’ almal nog nie bereik nie.

Tiger ·

Ons mors nie ons geld op die Kruger Wildtuin nie!Ons het lank gelede al geleer dis geld mors.Die uitkyk punt waarheen ons eendag moes kruip om ons kar nie deur takke te laat krap nie was so toegegroei dat jy jy op jou voertuig se dak sou moes staan om oor die gemors te kon sien!Dan praat ek nie van taxis EN ander privaat voertuie wat by ons verby gesnel ,ja GESNEL het nie terwyl ons probeer wild besigtig .Ag nee wat hulle kan die Kruger Wildtuin hou!Ek het beter dinge om met my geld te doen!

Jef ·

Mnr.Phillips, u is besturende hoof van die wildtuin en ek neem aan dat u op hoogte van sake is en was wat alles in die wildtuin gebeur.
Dit is dinge wat al n geruime tyd voorkom, hoekom word daar nie daar teen opgetree nie, strenger reels toepas om maar n voorbeeld te noem, algehele taxi verbod.
Laat dit a.s.b n wildtuin bly waar ons rustig na die diere kan kyk en van die natuur kan geniet want daar betaal mens immers voor.

Justa ·

Ag asseblief tog n taxi met dagbesoekers in. Wie glo nou hierdie snert? Hulle is mos almal “buddies”. Sekuriteit laat vir seker hierdie taxis toe om deur die KNP te jaag sonder enige betaling of omkoopgeld. Hoeveel jaag so elke dag deur, vir seker nie net hierdie een nie. Gelukkig geen diere beseer of dood nie.

Chris Ws ·

Ek is veheug dat daar nie ‘n wilde dier vir die ongeluk verantwoordelik gehou kan word nie.Dankie tog!Maar hierdie is ‘n vingerwysing na die bestuur van die Kruger Wildtuin uit en uit.Op ‘n besoek aan die’ wildtuin so 25 jaar gelede het my voertuig se wiellaers onklaar geraak naby Skukuza en ek het hom daar laat herstel in hul werkswinkel.Daar was ‘n wrak van gerolde BMW waarvan die regter voorwiel heeltemal uitgeskeur was daar.Hoe vinnig het daai persoon gery om sy voertuig so af te skryf??Hy’t kastig uitgeswenk vir ‘n bok.As hy 50km/h gery het siou hy beslis nie daai skade aan sy voertuig gehad het nie.So die wanbestuur van die Kruger park kom al ver.

Buitstander ·

‘n Bewarings gebied kan nie as ‘n alternatiewe roete beskou word nie. Dit kan ook maklik bepaal word dat voertuie oor die spoedgrens gery het. Deur die tyd van ingang tot uitgang deur afstand wat gery is te deel. Sou ‘n voertuig in ‘n korter tyd die afstand afgelê het die moet die betuurder semuur ‘n boete ontvang. Dit kan ook programmaties vir die beamptes uitgewys word om ‘n boete uit te skryf. Na tweede oortreding word voetuig net nie weer toegelaat nie.

Ansie Opperman ·

Vriende van ons het op die toneel afgekom. Alhoewel hulle nie mediese kennis het nie, het hulle wel ‘n noodhulpsak gehad. Ons vriending het self saam ‘n toergids CPR op een van die oorledenes toegepas. Die bestuurder van die taxi was dronk en het op ‘n stadium “uitgepass”. Hy het ook egter probeer wegkom van die toneel deur ander motoriste te vra vir ‘n rygeleentheid. Die harseerste is dat soveel mense eerder fotos wou neem in stede van om te help, al is dit net om van die mense te troos. Na ons vriende op die toneel afgekom het, het dit ‘n verdere 2 ure geneem voor die ambulanse opgedaag het.

Theunis Pretorius ·

Ek en my vrou geniet die wildtuin.

Daar is egter ‘n groot probleem as taxis die wildtuin roetes as alternatiewe roetes gebruik. Dit behoort dadelik gestop word. Ek het ook al gesien hoe taxi passasiers die wildtuin bemors en lawaai maak.

Theunis Pretorius ·

‘n Taxi drywer wat in die wildtuin wil bestuur behoort ook ‘n JeepJokey permit te skryf.

Henk Venter ·

As gereelde besoeker aan die wildtuin, moet ek se dat ek nogal verbaas is dat daar nou eers ‘n ernstige ongeluk met lewens verlies daar plaasvind.
Dit is skrikwekkend hoe hierdie taxi’s en ander sotte in die wildtuin jaag. Maar veral die taxis.

Christo Stander ·

Hierdie is nie n nuwe ding nie. Die ouens bly beslis nie by die spoedbeperking nie. Kyk maar net hoeveel lang sleepmerke is daar op die teerpaaie te sien soos daar gerem is.
Weet in elk geval nie wat kom maak hulle in die wildtuin as hulle so wil jaag nie, want wild kyk hulle beslis nie.

Marie ·

Volgens die Sanparks times Maart 2016 gaan daar ongeveer 43300 voertuie deur die hekke van die Kruger Wildtuin waarvan ongeveer 7500 taxis PER MAAND. I REST MY CASE

Marous ·

MNR Phillips , bespiegeling uit die weg geruim . Ons het familie en vriende van die buiteland wat jaarliks kom kuier en dan wildtuin toe. Almal is geskok oor die manier hoe mense in sekere voertuie die reels blatant ignoreer. Dis klipharde musiek , drankbottels en gemors wat by die venters uitgegooi word. Toeters word geblaas en mense peul by die venstets uit , en sit selfs op voertuie se dakke. Spoed is ooglopend ver bo die perke. Die verwagting is blykbaar dat die besoekers self die mense moet konfronteer. Hulle is almal galsterig oor KNP. As die Japanese dit kan regkry om mense wat kougom kou in die openbaar, te beboet , waarom kan julle nie streng optree en die skuldiges begelei by die hek uit en hulle verban nie? Daar kan sekerlik wetgewing ingestel word vir beslaglegging op voertuie en dit duidelik by die toegangshekke opgesit word. Dit maak nie saak of die mense pienk of wit of geel of groen of swart is nie. As hulle hulself nie gedra nie hoort hulle nie daar nie. Daar is meer as genoeg besoekers wat hierdie gevalle met tegnologie afneem , maar daar word kop weggedraai. Stoot julle mense in die veld en laat die boodskap duidelik deurkom …. KNP gaan val en dis ‘n feit!

Lynnette Morkel ·

TAXI!!!!!!!
Gaan sit net oor n langnaweek in die wildtuin en kyk hoe word daar gejaag en geskree!
Papiere le deesdae oral rond!
Glad nie snaaks om te hoor hul voertuig het omgeslaan nie! Spoed is ,50km/h, nie 120 nie!
Tyd day parkeraad dit stop

HR ·

Waar is die SanPark se verkeersmense wat die paaie patroleer. Die hekwagte wat hul deur gelaat het moet gefire word. Taxis hoort nie op die paaie van die wildtuin nie. En die wat hul toelaat moet gefire word. Het daai “toeriste” almal die ingangsfooi betaal. ???Jammer vir die wat oorlede en beseer is hoe kan hul in elk geval saam met n dronk bestuurder ry en 18 van hulle in ‘n 10 sitplek Taxi. Jy weet mos jy stel jou lewe ingevaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.