Drie sterf in Pinetown-ongeluk

Drie persone is dood en vier persone kritiek beseer in ʼn trompop botsing op 21 Maart 2016 op die M19 tussen Pinetown en Durban. Foto: ER24

Drie persone is dood en vier persone kritiek beseer in ʼn trompop botsing op 21 Maart 2016 op die M19 tussen Pinetown en Durban. Foto: ER24

Drie persone is dood en vier persone kritiek beseer in ʼn trompop botsing Maandagoggend op die M19 tussen Pinetown en Durban in KwaZulu-Natal.

“Paramedici van ER24 en ander dienste het kort ná middernag by die toneel aangekom waar ʼn taxi en ʼn sportnutsvoertuig mekaar reg van voor getref het,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê. “ʼn Seuntjie, ongeveer twee jaar oud, en twee volwassenes in die sportnutsvoertuig het aan hul beserings beswyk.”

Die bestuurder van die sportnutsvoertuig en ʼn seun, ongeveer sewe jaar oud, was in die wrak vasgekeer. “Paramedici moes die deure van die voertuig oopbreek om toegang te bekom. Hulle is behandel vir verskeie beserings en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas. Albei was in ʼn kritieke toestand.”

Vermaak het gesê die bestuurder van die taxi en ʼn vroulike passasier het kritieke beserings opgedoen. Hulle was ook in die voertuig vasgekeer. “Die plaaslike brand- en reddingsdiens moes van meganiese toerusting gebruik maak om hulle uit die wrak te bevry. Die vrou, wat vermoedelik swanger is, is op die toneel gestabiliseer voor sy na ʼn hospitaal geneem is.”

Volgens Vermaak is die oorsaak van die ongeluk nog nie bekend nie. “Die taxibestuurder het vermoedelik beheer verloor om ʼn draai op die M19 en oor die middelmannetjie gery voor hy die gesin in die sportnutsvoertuig reg van voor getref het.”

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ivan ·

Kla die taxi bestuurder aan vir moord, en nie manslag nie, want hy het geweet deur dit wat hy doen kan hy moontlik mense se lewens in gevaar stel, aldan nie, laat Oscar Pistorius vry.

Karma ·

Whoa!!! Ivan, whoa!!! ‘n Ongeluk is presies dit: ‘N ONGELUK!!! Wat Oscar gedoen het, was beslis nie ‘n ongeluk nie, maar MOORD met VOORBERADE DAGTE.

Jan maak n Plan ·

Stem saam met Ivan, maar glo my dit sal nooit gebeur nie.

Joann ·

Agtergeblewende,apartheid en rasisme kry die skuld. Ek is Gvol vir dit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.