Drie sterf in Pta-botsing

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Drie mense is dood en twee kritiek beseer nadat twee voertuie Vrydag reg van voor in Pretoria gebots het.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het die botsing omstreeks 18:20 op Honingnestkransstraat in Onderstepoort plaasgevind.

“Twee voertuie het trompop gebots, waarna een van die voertuie aan die brand geslaan het,” het Vermaak gesê.

Twee mense is in ʼn kritieke toestand in die voertuig wat nie aan die brand geslaan het nie, aangetref. Hulle is uit die wrak gehaal en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

“ʼn Man se liggaam is ʼn paar meter ver van die brandende voertuig gevind. Hy het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”

Die brandweer het die brand in bedwang gebring, waarna die ander twee se mense se liggame in die wrak gevind is. Hulle het onherkenbaar verbrand.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word ondersoek.

Lees ook: Nog ʼn dodelike ongeluk op Pta-paaie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Wat ek lees wat hier gebeur het is tien teen een wéér onnodig. Volgens Google Earth van Mei 2016 is die sperstrepe duidelik op die 9,4 km-lange straat (eintlik oop pad) aangebring. By die begin- en eindpunte is daar ook duidelike en onbelemmerde 100 km/h spoedbeperkingtekens aangebring.
Die padreëls is heel eenvoudig wat o.a. insluit om by ‘n spoed te hou wat die padomstandighede bepaal en NIE DIE WETLIKE MAKSIMUM asook om slegs in te haal waar GEEN VERKEER AANKOM. Wees ALTYD KALM en GEDULDIG.
Sterkte aan diegene geraak deur, wat my betref, nóg ‘n onnodige ongeluk.

Cherokee ·

Jou woordgebruik laat dit verstaan dat dit onder ander omstandighede ‘nodig’ sou wees.
Nòg ‘n onnodige ongeluk wat jou betref. Verduidelik asseblief watter ongelukke is nodig.

Wat-ek-lees ·

Soos byvoorbeeld ‘n hartaanval, olie op die pad, NUWE band wat bars, onverwagte slaggat(e) op die kromming van die pad, en daar sal nog wees. Tevrede?

Wat-ek-lees ·

Cherokee, daar was in die onlangse verlede ook ‘n ongeluk waar die groot trok van voor gekom het terwyl ‘n sterk wind van regs na links gewaai het vir die aankomende motor. Die motoris het teen die wind gestuur en met die trok se verbygaan is die motor letterlik oor die pad gesuig en het voor aankomende verkeer beland agter die trok. Hier is dit net jou bedrewendheid wat maak dat jy op die regte tyd wegstuur van die windrigting om nie in die moeilikheid te beland. Ek het in hierdie verband goeie oefening gekry met my 1968-kombi wat nogal vatbaar was vir dwarswinde. Ek onthou dat ek in Worcester se omgewing só deur die wind rondgeslinger was dat ek begin wonder het of ander motoriste nie gedink het dat ek dronkbestuur !!

N ·

Onnodig soos in minag verkeersreels en ry almal te pletter. Onnodige, of liewer onvoorsiene ongeluk; meganiese fout met jou motor en so veroorsaak jy n ongeluk.

the one ·

het n video gesien van vriend wat net daar aangekom het. dis net n gevaarlike pad en drank en spoed het n rol gespeel.tragies en
on nodig.

CAB ·

Jong maroela die hele berig is ver mis gesit vanaf die tyd mense in die ongeluk en hoeveelheid voertuie wat gebrand het.. O ja en hoe dit gebeur het. Julle het wel dit reg van hoeveel mense gesterf het. Nee wat waar kry julle julle inlugting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.