Drie sterf in Rustenburg-vloede

Skade na oorstromings by Sunrise View in Rustenburg, Noordwes. Foto: Twitter via @sharo_shaz

Skade na oorstromings by Sunrise View in Rustenburg, Noordwes. Foto: Twitter via @sharo_shaz

Drie mense is in die Rustenburg-omgewing in Noordwes dood ná oorstromings in die gebied.

“Twee mense het in Phokeng verdrink toe hul motor deur die water meegesleur is,” het die munisipaliteit in ʼn verklaring gesê. eNCA berig ʼn laerskoolseun is ook deur die vloedwater meegesleur nadat hy probeer het om ʼn sterkvloeiende stroom oor te streek.

Ongeveer 20 gesinne is Dinsdagaand van verdrinking gered nadat hul huise oorstroom is. Die gebiede wat hierdeur geraak word, is Tlhabane, Ramochana, Sunrise Park, Paardekraal, Kanana, Seraleng, Meriting, Sunrise View, Phokeng, Rustenburg-middestad en die nywerheidsgebied.

Skade na oorstromings by Sunrise View in Rustenburg, Noordwes. Foto: Twitter via @sharo_shaz

Skade na oorstromings by Sunrise View in Rustenburg, Noordwes. Foto: Twitter via @sharo_shaz

Die munisipaliteit het gesê ʼn gesamentlike noodoperasiespan is op die been gebring om die omvang van die skade te bepaal en in die onmiddellike behoeftes van die inwoners wat geraak word te voorsien. “Die plaaslike munisipaliteit kon danksy die hulp van ondernemings, individue, nieregeringsorganisasies en regeringsdepartemente kospakkies aan die verplaaste gesinne verskaf. Dié mense word tans gehuisves in gemeenskapsale, kerke en klinieke.”

Die munisipaliteit monitor die situasie.

Maroela Media het vroeër berig die N12 deur Wolmaransstad moes gesluit word nadat vloedwater skade aan ʼn brug veroorsaak het en daartoe gelei het dat die teer plek-plek opgelig het. Verskeie geboue en ʼn vulstasie in die dorp is ook oorstroom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Skim ·

Lyk soos ‘n ADT bakkie op sy dak? Nuuskierig hoe hy daar uitgekom het? Gespoel tot daar?

Joe ·

Dis nog niks, kyk die poeliesvan onder die afdak by die huis??!!

Pop ·

Kyk nou net waar slaap die polisievoertuie snags ne. Word hierlangs vir skool vervoer, ander mense by werk aflaai en plesier ritte gebruik.

dirwou ·

Hoekom is die SAPS bakkie by n privaat huis Dan het hulle nooit bakkies beskikbaar nie

giep ·

Gaan daar ook ‘n ondersoek gedoen word oor hierdie sterftes soos met dieselfde tipe sterftes op die boer se plaas? Wie is die oorsaak van hierdie sterftes?

henk ·

Ek is jammer om te hoor van die sterftes, maar wil graag hoor of Maroela kan uitvind wat die polisie voertuig op ‘n private perseel maak. Indien dit op ‘n boer se plaas gemerk was of by ‘n wit persoon se huis , was die valke al daar gewees. Sal graag wil weet wat maak dit op daardie perseel – soos in die foto.

Koos1 ·

Mense kyk mooi asb. Dit is ‘n bakkie van ADT nie die SAPS nie!
Skim, jy het dit reg!

Koos1 ·

Skuus almal, het nou eers die SAPS voertuig gesien. Met die registrasie nommer kan vas gestel word wat die voertuig se funksie was en wat dit daar gedoen het.
Kon dit dalk van die pad af gespoel het tot in die erf?

johny ·

registrasie no klaar toe gemaak .en snaaks dat neus van voertuig voorentoe wys in motorhuis . kan nie op die manier in motorhuis beland deur vloedwater nie . SAPD doen die regte ding en ondersoek ASB die geval.Die mense van Suid Afrika moet weer vertroue in die Sapd kry

smurfie ·

goeie middag almal, die voertuig van SAPD is wel moontlik by n privaat wooning. `n Mens kry so iets soos om n SAPD voertuig te stal vir die aand by jou wooning as jy na n kursus toe gaan. daar is baie beapmtes wat die gebruik maak as hulle op bystand is. om `n polisie beampte te wees is vir sommige mense `n 24uur werk. as die voortuig by n polisie beampte se huis is dan sien ek niks fout daarmee nie. Die probleem kom in dat wanneer so voertuig by enige ander plek is soos bv. `n Shabeen, `n Bordeel ens. ons moet ophou klippe gooi en eers agter die kap van die byl kom. almal is nie so gelukkig soos ons wat in luukse huise bly nie. Die polisie beamptes kry byvere minder geld as die van die Metro polisie. Ek is te dankbaar as ek `n SAPD voertuig in my buurman se erf sien en weet hy is tegnies gesproke aan diens wanneer die voertuig by hom staan. Mense is vinnig om klippe te gooi.

gert ·

Wel, met die korrupsie en moord in ons land kan jy ons seker nie blameer nie Smurfie? Ook nie al die gevalle waar ek gesien het waar polisie voertuie vrouens en kinders rondry nie? hulle sit nie agter in die vangwas nie, maar voor.

Alida ·

Gert ek het al passasiers in ‘n ambulans gesien. Let wel nie siekes nie. Inkopiesakke inkluis !!!

Johan. H. ·

Let op niemand vra of se iets oor die wat verdrink nie.maar bevraagteken die polisie voertuig se staanplek, Ek stem saam hy was dalk aan diens!
Wonder hoekom bekommer ons ons meer oor die voertuig as die drenkelinge, ???????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.