Drie sterf in skietgeveg met Valke

Die voertuig wat vermoedelik gesteel en in die rooftog gebruik is (Foto: Yusuf Abramjee, Twitter)

Drie mans is dood toe hulle Woensdag in Marlboro in die noorde van Johannesburg in ʼn skietgeveg met beamptes van veiligheidsmaatskappye en die Valke betrokke was.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê daar is inligting ontvang oor ʼn verdagte voertuig wat in ʼn gewapende rooftog gebruik gaan word.

Beamptes het die voertuig op die M1-snelweg gewaar en agternagesit.

“Toe die beamptes die verdagte voertuig tot stilstand bring, het die verdagtes op hulle losgebrand en ʼn skietgeveg het ontstaan waarin drie van die verdagtes doodgeskiet is. ’n Vierde verdagte is in hegtenis geneem.”

ʼn Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die verdagte voertuig, ʼn silwerkleurige sedan, twintig minute voordat hulle aangekeer is in ʼn huisroof in Paulshof gebruik is.

“Die voertuig het vervalste nommerplate gehad. ʼn Verdere ondersoek het bevind dat die voertuig ook in ʼn huisroof in Parkview gebruik is.”

Daar is op twee 9 mm-pistole beslag gelê. Een van die vuurwapens se reeksnommer is afgevyl.

“Items soos ʼn televisiestel is ná die rooftog in Paulshof teruggevind.”

Die verdagte wat in hegtenis geneem is, sal na verwagting eersdaags in die hof verskyn op aanklagte van poging tot moord, huisroof en die besit van ʼn vermoedelik gesteelde voertuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

kolonel ·

Een is in hegtenis geneem. Drie is dood. Wie presies reken jy gaan borg kry?

Steve ·

Daar is net een oorledene. DIe ander is almal waard hulle hoort, in die lyksheuis

Sarel ·

Gelukkig nie een van die Polisie nie

Cele wil mos die gewone Burger ontwapen. Wel hierdie is nie geeone Burgers nie so hulle kan maar wspens hou

gpsa ·

Hoekom nou skielik poging tot moord maar as ‘n boervrou in die bors en been geskiet word is dit net huis roof. Skande regering, Dubbel standaarde om van siek te word.

Kokerboom ·

Na die Zuma fiasco skiet Valke nou blykbaar met lewendige rondtes en nie “blanks”!!!

Deon ·

Verstaan ek die berig reg, die sg verdagtes was op pad na die derde huisroof vir die dag? Ek is seker nie reg nie..

Stefan ·

Die oorblywende skurk verklaar waarskynlik dat hy gedwing is om saam te ry en dus eintlik die slagoffer is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.