Drie sterf in Thorneville-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Drie persone is dood en drie persone is in ʼn kritieke toestand na ʼn trompop botsing op die R56 naby Thornville in KwaZulu-Natal.

“Paramedici is net na 19:00 na die toneel ontbied,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Een van die voertuie het tydens die impak aan die brand geslaan met ʼn persoon wat in die motor vasgekeer was.”

Drie van die persone was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Drie ander persone was in ʼn kritieke toestand. Paramedici het die beseerdes op die toneel behandel voordat hulle na hospitale in Pietermaritzburg geneem is,” het Botha bygevoeg.

Die polisie stel ondersoek in na die oorsaak van die ongeluk.

Volgens berigte op sosiale media was ʼn BMW en Mini Cooper in die ongeluk betrokke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarie 2 ·

Die ongelukke raak grusamer by die dag!!! Èk glo, spoed speel beslis ‘n rol…

Frik ·

Nee n Sperstreep beteken nou jy MOET verby gaan Dis waar die kop aan kop botsings vandaan kom

Chris W ·

Watter minister gaan nou die ongeluks toneel besoek??Dis mos wat hulle op die myne doen as daar n’ paar sterf gevalle was.Lyk my baie bestuurders dink hulle liggame is weerbaar in die geval vqn ‘n motor botsing so hulle kan maar kanse vat om verby te steek waar ookal!Ek is al alergies om erens heen te ry want mens weet nie wat gaan die swaap wat van voor af aankom aanvang nie.

martin ·

Wanner mense die Attitude laat vaar van ‘I can drive where I want to’, dan sal hulle padreels gehoorsaam! Meerderheid mense het n Attitude probleem!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.