Drie sterf in trompop botsing

(Foto: Verskaf)

Drie mense is dood en twee ander ernstig beseer toe ʼn motor en ʼn vragmotor Sondagmiddag reg van voor op die N2 tussen Ermelo en Mkhondo in Mpumalanga gebots het.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, sê die voorval het omstreeks 15:00 plaasgevind.

Drie passasiers in die motor is in die botsing dood terwyl nog ’n passasier en die bestuurder van die motor ernstige beserings in die voorval opgedoen het en is na ’n hospitaal in Piet Retief gehaas vir mediese behandeling.

Die bestuurder van die vragmotor het ligte beserings opgedoen.

Meer besonderhede omtrent die botsing is nie in dié stadium beskikbaar nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gawie ·

As die motor in die foto by die berig dié een is wat indie ongeluk was, dan was dit nie ‘n tromp-op botsing nie. Hierdie motor is duidelik van die linkerkant af gestamp.

Mieke ·

Soos sommige motorbestuurders hulself gedra is dit geen wonder dat daar tromp op botsings is. Van hulle steek eenvoudig by ‘n dubbele wit sperstreep verby. Ek het dit self meegemaak dat ‘n motor doelbewus versnel het toe ek probeer verbysteek! Die jong mijnheer agter sy stuurwiel het dit twee keer met my gedoen!! Die onverantwoordelike idioot!!

Swerkater ·

Soos wat die “nasie” bestuur is die soort ongelukke nie verbasend nie. Steek op hoogtes en draaie verby, op die sperstreep terwyl voertuie bumper teen bumper ry. Stop nie by stopstrate nie, gebruik nie flikkers of ligte nie en so gaan die lys aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.