Drie sterf in trompop botsing

Drie mense is Vrydag in ʼn trompop botsing tussen ʼn Volkswagen Jetta en ’n BMW dood. (Foto: MavCorp Mpumalanga / Facebook)

Drie mense is Vrydag in ’n trompop botsing tussen ’n Volkswagen Jetta en ’n BMW dood. Die voorval het omstreeks 08:40 op die N17 tussen Trichardt en Kinsross in die Gert Sibande-streek plaasgevind.

Luidens ’n verklaring deur die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga het die bestuurder van die Volkswagen Jetta en ’n passasier in die ongeluk omgekom. ’n Passasier van die BMW is ook in die voorval dood.

Die bestuurder van die BMW en nog ’n insittende van die Volkswagen Jetta is ernstig in die ongeluk beseer en na die Evander-hospitaal gehaas.

Die aard van hul beserings is nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Swerwer

Innige simpatie en meegevoel aan die naasbestaandes van die oorledenes

JohanR

Die krag wat daar nie moet wees in ‘n tromp op botsing! Daai BMW het nie eers meer ‘n enjin. Ek het altyd geniet om Kaapstad-Pretoria toe te bestuur maar daar was ook maar ‘n paar maal waar ek “close calls” gehad het dat jy moet stop want jou hande, liggaam en voete bewe. Jy sit soe rukkie se dankie, en dan bestuur maar voort. Nou is dit net goedkoper om Kaapstad-OR Tambo te vlieg en veiligger!

JM

Daar vind deesdae darem net te veel trompop botsings plaas. Te veel motoriste gehoorsaam nie die verkeersreëls nie.

Marius

Dit is die resultaat van roekelose bestuur en oortreding van die padreëls.