Drie mans is dood en nege mense beseer in ʼn trompop botsing Donderdag op die R28 naby Vereeniging in Gauteng.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici van verskeie nooddienste is na die ongeluk ontbied waarin ʼn minibustaxi en ʼn swaarvoertuig betrokke was.
“Die wrakke van die taxi en vragmotor het langs die pad gestaan. Die voorkant van die taxi was heeltemal verfrommel,” het Meiring gesê.
Die drie mans was reeds dood toe paramedici op die toneel aankom. Twee van die oorledenes se liggame was in die wrak vasgepen.
“Nege mense het geringe tot kritieke beserings opgedoen. Van hulle was ook in die wrak vasgekeer. Reddingswerkers moes die wrak oopsny om hulle te bevry en die twee oorledenes se liggame uit te kry.”
Twee mense met kritieke beserings is met helikopters na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die ander is op die toneel gestabiliseer en met ambulanse na verskeie hospitale geneem.
Die oorsaak van die botsing word ondersoek.
Alle simpatie aan die beseerdes en die oorledenes se familie. Alhoewel die bestuurder van die minibus? SJoe, ek weet darem nie!
Kom ons raai – die taxi het n ander voertuig verbygesteek?
In die meeste ongelukke, veral kop-aan-kop botsings, is ‘n oorlaaide minibus taxi altyd die gemene dealer!
Oops! Seker iets gesê wat kwansuis kwesbaar is. Kom ek probeer weer…. Vic, ek stem saam. En dan nog met ‘n rammelkas teen ‘n sperstreep op ‘n bult met onbevoegde persoon agter die stuurwiel.
Ek sien dit daagliks, mense! Ek wil stil as ek dit sien! En as jy die betrokke taxi se bestuurder daarop wys, dan word jy met allerhande vingergebare begroet & in ‘n sogenaamde etniese inheemse taal vervloek.
Ja, en dit is rassisme om dit uit te wys Francois…
Ek ry vandag op n openbare pad en ons almal ry so100km/h en volgende oomblik slaan die person voor my brieke aan. ek het uitgeswaai en op die grond langs aan gery, het gevoel of ek die kar gaan rol.
Ek kan nie help wonder waar in DIE lewe het party mense leer ry of lisensie gekry en nee daar was NIKS voor in die pad nie.
En as mens teen 100 per uur ry, hoe ver moet jy agter die ou voor jou ry sodat hy in veiligheid kan rem trap?