Drie sterf in Vereeniging-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Drie mense is dood nadat ʼn motor en ʼn vragmotor in Vereeniging gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die Ou Vereeniging/Potchefstroom-pad plaasgevind.

Volgens Vermaak was die motor onder die vragmotor vasgekeer. Die drie mans in die motor is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.