Drie sterf in vliegongeluk

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

Drie mense is Saterdagmiddag dood nadat ʼn ligte vliegtuig naby ʼn landingstrook in Camperdown, KwaZulu-Natal neergestort het.

“Die vliegtuig het in vlamme uitgebars nadat dit die grond getref het,” sê Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911. “Presiese besonderhede en die oorsaak van die ongeluk en voorafgaande gebeure sal die onderwerp wees van ʼn ondersoek deur die Burgerlugvaartowerheid.” Volgens ER24 het die vliegtuig in ʼn suikerrietplantasie neergestort.

In Februarie is minstens vyf mense in vliegtuigongelukke dood. Een persoon is dood nadat ʼn ligte vliegtuig in Orient Hills, Magaliesburg neergestort het. ‘n Vlieënier is dood nadat sy ligte vliegtuig by die Heidelberg-vliegveld neergestort het. Drie mense is dood nadat ʼn ligte vliegtuig by die Lanseria-lughawe neergestort het. Einde Januarie is ‘n vlieënier dood nadat sy ligte vliegtuig by die Wonderboom-lughawe neergestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.